Lampies, in "Help my om BLM te verstaan" (22.08), vra etlike vrae oor dié beweging. Antwoorde daarop gaan merkbaar verskil.
BLM is 'n rasgebaseerde manifestasie van die kontemporêr wereldwye revolusionêre tydsgees. Komende in hoofsaak uit 'n swart rassekonteks, appelleer dit veral tot die werklose gefrustreerde jeug met ook rasse- en geregsbotsings as oënskynlike oorsaak.
BLM is instrumenteel meewerkend tot die aftakeling en vernietiging van die ou/bestaande samelewingsorde met die doel van die vestiging van die sogenaamde Nuwe Wêreldorde (NWO). Agter die skerms word saamgewerk met groeperinge met dieselfde doel.
Die NWO moet noodwendig tot stand kom deur revolusie,vandaar die BLM se revolusionêre karakter. Vandalisering van beelde en standbeelde simboliseer die vernietigende uitwissing van die ou/bestaande orde en invoering van die nuwe.
As rasgebaseerde beweging gaan die BLM -polariserend te werk met 'n sterk anti-wit sentiment. Die kniebuiging/-val simboliseer instemmende ondergeskikstelling aan die gebalde vuis as simbool van uitdaging van die bestaande gesagsorde.
Die BLM-beweging behaal groot sukses met die strategie van verdeel-en-heers waaromtrent publisiteit baie daartoe bydra. Voorbeelde hiervan is die dilemma waarin SA Rugby en SA Krieket hulself onder druk van BLM bevind.
Ook die ANC ry die BLM-golf met gretige genoegdoening. Die Minister van Sport reageer op SA-spelers, wat oorsee nie aan die BLM-knieval wou meedoen nie, op 'n inmengende wyse wat 'n mens eerder van 'n dikdatoriale Vladimir Putin sou verwag.
Die ANC, lank reeds ademende 'n revolusionêre gees met sy NDR, se in vooruitsig gestelde "nuwe normaal" vind dan ook direkte aansluiting by BLM-ideale.