Showing posts with label Jeug. Show all posts
Showing posts with label Jeug. Show all posts

Monday, 1 January 2018

Beskerm kind teen ongewensde simbole




Die Kerstyd maak ons besonder bewus van die bestaan van simbole. Die samelewing is 'n met simbole gevulde omgewing waaraan kinders, bewustelik of onbewustelik, blootgestel word. Dit is die taak van volwassenes, soos ouers, om kinders te help met simbool-identifisering,  -onderskeiding,     -betekeniswaarde en die doel en funksie daarvan.

'n Kritieke vraag aan veral Christenouers is of hul kinders  -  veral binne die simbole-kontekste van Kersfees en TV-kinderprogramme  -  die noodsaaklike leiding ontvang om ook tussen gewensde en ongewensde simbole te kan onderskei. Self is veral die kleiner fantaserende kind nie tot onderskeiding in staat nie, waardeur die kwesbaarheid van so 'n kind verhoog word.

Binne die konteks van Kerssimbole soos dié van Kersvader, -boom, takbokke met slee en kersgeskenke, het veral die jong kind beslis hulp nodig om tussen gemelde sekulêre simbole en Bybelfundeerde simbole soos dié van die baba in die krip, Bethlehemster en wyse manne te kan onderskei. Ons móét ons kinders/kleinkinders met hierdie noodsaaklike simbole-onderskeiding, en hul onderskeie betekeniswaarde, bystaan.

Binne die konteks van sommige TV-kinderprogramme vind ek dit skrikwekkend tot watter mate ons kinders blootgestel word aan die kwistige gebruik van simbole wat ek sonder enige twyfel as van 'n okkulties-diaboliese aard tipeer. Of ouers altyd hiervan bewus is, is 'n vraag van lewensbelang.

Diegene van ons wat ons kinders/kleinkinders liefhet en kosbaar, dog kwesbaar, ag, behoort 'n gevoeliger ingesteldheid aan die dag te lê vir die simbole waaraan kinders blootgestel word, en hulle veral te help met die gewensdheid of ongewensdheid van sodanige simbole. Sodoende kan ons help om potensieel permanente skadeberokkening aan die kind te beperk.





Tuesday, 22 December 2015

Leer kind kersgeskenk-simboliek verstaan

Ons gee ons twee "plaaslike" kleinkinders (drie oorsee)   -   vyf en tien jaar onderskeidelik   -   die geleentheid om, beurtsgewys, tydens besoeke die tafelgebed te doen as deel van die noodsaaklik kinderlike leergebeure. Kom dit egter aan op kersliedere, sing hulle vir ons "Jingle Bells", "Rudolph the red nosed reindeer" en "We wish you a merry Christmas".

Dit is die liedjieskat wat, by gebrek aan voldoende blootstelling aan gepaste kersmusiek en  -sang, die sekulêre wêreld ons kinders graag met kersfees leer. Daar vind 'n toenemende klemverskuiwing plaas vanaf 'n toegewydheid aan die Kind in die krip na die simbole van kersvader, -bome en  -geskenke.

Waarheen, uiteindelik, lei dié toenemend getransformeerde kersfeesgees ons weerloos onskuldige jong kinders? William Booth bied 'n antwoord op dié vraag: "In answer to your inquiry, I consider that the chief dangers which confront the coming century will be religion without the Holy Ghost, Christianity without Christ, forgiveness without repentence, salvation without regeneration, politics without God, and heaven without hell"   -   so ook kersfees sonder Christus.

Leer kinders, in die ware kersfeesgees, dat ons geskenke aan mekaar bloot simbole ter herinnering is van die transendente God se geskenk aan ons, Sy seun, wat, almal wat Hom aanneem, vryspreek en die ewige lewe skenk   -   die heel kosbaarste geskenk wat die sterflike mens ooit kan ontvang.






Tuesday, 4 September 2012

Nuwe universiteit bedreiging vir Jansen

Prof. Jonathan Jansen se artikel, "Hou godsdiens uit universiteit" (DB,04.09), het betrekking. Sy argumente daarin, teen die stigting van 'n Afrikaanstalige Christelike universiteit, verdien nadere ondersoek. Ek lig slegs enkele kenmerke daarvan uit.
 
Dit is duidelik ondemokraties. Gelukkig bepaal SA se demokratiese grondwet die bestaansreg van so 'n instelling; nie Jansen nie. Met sy beklemtoning van velkleur bied hy nie net 'n wanvoorstelling nie, maar dryf hy ook die rassekwessie. My verstaan van so 'n voorgestelde hoëronderwysinstelling is dat die Christelike karakter en taalmedium primêre aangeleenthede is met velkleur sekondêr.
 
Hy gee blyke van onverdraagsaamheid, veral teen die Christendom met sy verwysings na  "'n vreemde, etniese God"  en 'n inrigting  "wat skynheiliges sal skep wat die Bybel vasklou". Sy vooroordeel teen 'n Afrikaanstalige Christelike universiteit blyk daaruit dat dit  "belaglik, gevaarlik (en 'n) marginale gedruis"  is, en sy meerderwaardigheidshouding dat studente  "versterk in hul bekrompenheid uit hierdie speelskool-universiteite te voorskyn (sal) kom."
 
Na ons huidige getransformeerde universiteitsbedeling verwys hy as  "eilande van uitnemendheid in hoër onderwys" wat hoedanig vergelyk met internasionale standaarde, prof. Jansen? Hy blyk ook die ontstaansgronde van die vroegste Wes-Europese universiteitstradisie   -   die Christelike kloosterwese   -   waaruit ons spruit, te misken.
 
Sy diskriminerende ingesteldheid blyk daaruit dat hy mense se grondwetlike reg tot vryheid van keuse verwerp. Wit studente is welkom solank hulle sy oortuigings deel; indien nie, is hulle onwelkom. Sy argumentasie vertoon ook
die kenmerk van 'n nie-akkommoderende en voorskriftelike ideologiese transformasiedrywer.
 
Die beoogde Afrikaanstalige Christelike universiteit hou vanselfsprekend 'n bedreiging vir Jansen se universiteit   -   wat oor jare 'n soortgelyke karakter opgebou het wat hy tans afbreek   -   in. Nee, prof. Jansen, jy wil nie primêr godsdiens uit universiteite weer nie, maar wel die Christelike geloof daarbinne met 'n ander geloof vervang.
 
 
 

Monday, 3 September 2012

"Jansen"-module verhoog UV-rassespanning

Kamogelo Seekoei van die "Free State Times" (17.08) berig oor 'n dreigende storm aan die Universiteit Vrystaat (UV) oor die instelling van 'n verpligte module, UFS 101, wat deur die rektor, prof. Jonathan Jansen, geïniseer is. Hierdie module is verpligtend vir alle eerstejaarstudente, word slegs in Engels aangebied, en móét geslaag word alvorens toegelaat tot voortgesette studie.
 
In een so 'n module-scenario word 'n swart student met drie onderskeidings en 'n wit student met agt onderskeidings teenoor mekaar gestel, en moet eerstejaar UFS 101-studente bevredigend kan motiveer waarom meriete nie as 'n maatstaf vir toelating aanvaarbaar is nie.
 
Anné Calitz van Afriforum Jeug Kovsies werp egter meer lig op dié onderwerp en sê dié module handel oor, onder meer, geloof, politiek en geskiedenis in die SA-konteks; oor die bestaan van God en word tegelykertyd agterdog teen die Christendom gewek; jong wittes moet skuldgevoelens oor apartheid openbaar; Afrikaners word as skurke voorgehou met alle ander groepe as wonderlike helde; minderheidsgroepe is boos en regverdig derhalwe diskriminasie teen hulle. Calitz beweer dié module verhoog slegs rassespanning op die UV-kampus.
 
As geleentheidspreker oor dié module, vergelyk prof. Dolf Britz die Slag van Bloedrivier met die Sharpeville-voorval en sê dan Afrikaners het bloed op hul hande waarvoor hulle swartes om verskoning moet vra wat hy, namens die Afrikanergeskiedenis, wel doen en wat deur eerw. Sukdavek namens alle Suid-Afrikaners aanvaar is.
 
Afgesien van talle dringende vrae wat die inisiëring van dié "Jansen"-module meebring, hou dit potensieel langtermyn gevolge sowel as 'n korttermyn uitwerking in waarvan die riskantheid van destabiliserende verhoogde rassespanning, soos wat Seekoei en Calitz daarop wys, vir die onmiddellike hede, slegs een voorbeeld is.               (ngn)
 
 

Friday, 31 August 2012

Moenie dobbel met jeug se toekoms nie

'n Samelewing se selfbeskouing én toekomsvisie word ook weerspieël in die agting vir sy jeug. Was daar al ooit 'n tyd in SA se verlede waarin sy jeug so verwaarloos word soos nou?
 
In "SA kort 'n nasionale databasis oor duisende weggooibabas  -  DA" (DB,27.08), word berig dat tot 2500 babas jaarliks in SA "weggegooi" word. "Times Live" berig dat 59 447 wettige aborsies in 2010 en 77 771 aborsies in 2011 uitgevoer is (Departement van Gesondheid se syfers). Solidariteit se Helpende Hand beweer dat ongeveer 530 kinderverkragtings daagliks in 2009 plaasgevind het. Nagenoeg 88% word nooit aangemeld nie. In 2007/08 is 1410 kindermoorde aangemeld, 'n toename van 22% op die vorige jaar. In  "2010 child trafficking concerns highlighted" beweer Bianca Silva dat 1700 kinders jaarliks as vermis aangemeld word. Volgens prof. Susan Kreston (UV) was daar in 2007 tussen 28 en 35 duisend kinderprostitute in SA. Kinders word na die buiteland verhandel, as sekswerkers en dwelmkoeriers aangewend, pornografies misbruik en ook vir moetie vermoor.
 
Vandag se kind is môre se volwassene, bouer van oormôre se samelewing. Watter agting toon ons SA-samelewing vir sy jeug? Watter waardes word aan hulle oorgedra? Net Christelike beskawingswaardes kan ons teen vorms van barbarisme beskerm. Sedelike verval word ook weerspieël in onverantwoordelike kinderverwekking. Deur die betaal van toelaes is die ANC besig om 'n samelewingskomponent met rewolusionêr plofbare potensiaal te skep   -   'n stadigtikkende tydbom.
 
Die noodkrete van ons jeug klink landswyd op. Die ANC moet sy voortdurende gesanik oor rassisme en apartheid laat vaar en fokus op die herstel van die SA-gesinslewe as prioriteit. Vandag se jeug is die samelewingsbouers van môre. Moenie langer met die jeug en hul toekoms dobbel nie.
 
 
 
 
 
 
 

Tuesday, 25 October 2011

ANC-Jeugliga gedryf deur ras

Volgens "Die Burger" (24.10) het Malema gesê: "Ons wil álles hê wat witmense het, dit is waarvoor ons veg." Die eerste indruk is dié van dubbelsinnigheid: 1. Swartes wil presies dieselfde hê wat wittes het, of 2. wittes moet alles wat hulle het aan swartes afstaan. Wanneer Malema sê: "Die land met alles daarin behoort aan ons!", verdwyn dié potensiële dubbelsinnigheid. Wat hy sê, is totaal ongrondwetlik, maar is die grondwet die papier werd waarop dit geskryf is, die ANC se partybevoordelende vertolking daarvan in ag genome?

Indien Malema met sy uitlating opsie een bedoel het, sou hy uit alle oorde steun ontvang het. Trouens, hoeveel van ons onthou nog die NP se herhalende refrein van: Wat ons vir onsself opeis, gun ons ook vir elke ander bevolkingsgroep in Suid-Afrika. Maar dit is juis met laasgenoemde wat die sosialistiese rasverabsoluterende en magsbehepte ANC probleme het  -   onderskeibare mensegroeperinge met diverse behoeftes wat slegs harmonieus en vreedsaam saamgebind kan word deur die beginsel van "eie belange" en "gemeenskaplike belange" te erken.

Die "ANC Youth League Manifesto  -  1944" werp lig op waaroor dit werklik gaan. Hierin word verklaar: "The contact of the White race with the Black has resulted in...a set of conflicting living conditions and outlooks of life...the conflict has emerged as one of race...This has made it imperative for the African to view his problems... through the perspective of Race."

Hiermee is die ras-aap uit die mou. Aan die wortel van alles lê vir hom ras, en dan ook die verabsolutering van sy eie ras, die swart Afrikaras. Alle ander rasse is ondergeskik, vreemdelinge en bywoners wat, volgens Afrikavoorwaardes, verdra en verduur moet word vir eie gewin. Die ANC-Jeugliga word gedryf deur ras waarin ander rasse, as die swart ras, geen plek het nie.



Sunday, 23 October 2011

Bly liewer weg van betogingsgebiede

Indien daar een persoon en organisasie in Suid-Afrika is wat nié onderskat moet word nie, dan is dit Julius Malema en die ANC-Jeugliga. Malema is soos 'n vonk vir 'n kruitvat. Hoeveel van ons weet van die Jeugliga se "Mass Mobilisation and Action Programme for October 2011", 'n dreigement wat geeneen ligtelik durf opneem nie.

Volgens dié Jeugliga se webblad het dit op Sondag 18 September vergader om 'n program vir massa-aksie vir 27 en 28 Oktober te beplan. Daar is besluit: "The youth league will roll out mass action throughout the country...(and) to strategic centres of power in South Africa."

Die Jeugliga beplan dat hul "mass action and protests" by die Kamer van Mynwese sal begin waar hulle die nasionalisering van myne en gelyke verdeling van mineraalbronne sal eis. Daarna beweeg hulle na die Johannesburgse Effektebeurs waar hulle die gelyke verdeling van die nasionale rykdomme, vinniger ekonomiese transformasie en werksgeleenthede vir die werklose jeug gaan eis. Vanhier sal na die Uniegebou in Pretoria beweeg word waar 'n memorandum aan die regering oorhandig sal word waarin eise om gratis onderwys, die onmiddellike wegdoen met arbeidsmakelaars, werksgeleenthede vir die jeug, beter behuising, sanitasiegeriewe, water en elektrisiteit gestel sal word.

Hierdie oproep is gerig aan "all economic freedom fighters...The people shoud rise and demand what rightfully belongs to them." Die volgende groepe word tot mobilisasie opgeroep: die werklose jeug; minderbevoorregte studente; petroljoggies, plaaswerkers, kelners(-inne), ontvangspersoneel, ens; plakkerkampbewoners; almal wat nie dienslewering ontvang nie; die grondloses en persone sonder water en elktrisiteit. Dit impliseer 'n groot aantal mense en potensieel grootskaalse ontwrigting.

Alhoewel op Johannesburg en Pretoria as hoofbrandpunte van dié protesaksies besluit is, moet landelike bewoners nie oorgerus wees nie, en mense moet liewer wegbly van betogingsgebiede.             (ngn)










Friday, 5 August 2011

Wat ons saai, sal ons oes

Anne Graham, dogter van die bekende evangelis, dr.Billy Graham, het ná die "Twin Tower"-terreuraanslag van 11 September 2001 'n joernalis se vraag waarom God dan kon toelaat dat so iets gebeur, soos volg beantwoord: Baie jare al sê ons vir God om uit ons skole, ons regering en ons persoonlike lewens pad te gee. Bybellees en gebede tot God is in skole verbied. Lyfstraf is afgeskaf omdat dr.Benjamin Spock so gesê het. Skole weier om wandragtiges te dissiplineer want dit beteken negatiewe publisiteit vir 'n skool. Aborsies op skoolmeisies, sonder ouers se medewete, word uitgevoer. Skole voorsien kondome aan skoolseuns ook sonder ouers se medewete.

Pornografiese tydskrifte verskyn onder die voorwendsel van bewondering vir die vroulike liggaam. Hierop volg ook kinderpornografie. Die vermaaklikheidsbedryf voorsien naakfilms asook musiek wat dwelms, verkragting, moord, selfmoord en satanisme propageer. Die koerante word geglo, maar nie die Bybel nie.

Skielik verstaan ons nie waarom kinders gewetenloos is, nie tussen reg en verkeerd kan onderskei en vreemdelinge, hul klasmaats en hulself vermoor nie.

Anne Graham sluit deur te sê: Wat ons saai, sal ons oes.

Voorgemelde is ook ons voorland indien persone soos George Claassen, Hans Pietersen en dr. Jurie van den Heever hul sin met die onderwys van ons kinders kan kry. Claassen lewer kommentaar, "Ligpunt in Afrikaners se dikwels donker denkwêreld" (DB,01.08), op Pietersen se boek, "Die vrese van ons vaders:Geloof, onderrig en die Afrikanerkind". Claassen laat sy ontsteltenis blyk dat Afrikanerkinders so onkundig is oor die "waarheid van wetenskaplike bevindings" (lees: dat hulle die evolusieleer verwerp). Voorwoordskrywer, Jurie van den Heever, sê: "...dat jy nie in 'n god hoef te glo nie."

Ons kinders op die altaar van hierdie denke offer en hulle oopoë hel toe stuur? Nog nooit!

Anne Graham is reg: Wat ons saai, sal ons oes.

Friday, 18 March 2011

Is kind rolmodel vir samelewing?

Dis onduidelik of André se opmerking: "Oppas, oom Hannes, dr.TC gaan jou bykom oor jou voorstel dat ons soos kinders met ander rasse moet maats raak en vriendskappe smee" (DB,17.03), 'n subtiele uitnodiging of uitdaging is om op Hannes Slabbert se brief (DB,16.03) te reageer. Om tweërlei rede wil ek Hannes nie "bykom" nie: Hy is meningsgeregtig, en ek ag ons vriendskap belangrik.

Hannes hou, baie verdienstelik, kindergedrag voor as model vir samelewingsgedrag. Hiermee kan ek voorwaardelik saamstem, dog nie enduit ongekwalifiseerd nie. Volwassenes is rolmodelle vir kinders; nie andersom nie.

Wie en/of wat is 'n kind? Hieroor is baie nagevors waarin tipiese kindkenmerke beskryf word. Ek noem enkeles. Wie "kind" sê, sê daarmee "toekoms". Waarom? Die kind se volwassewording lê in die toekoms, en diegene wat hulle met die kind bemoei, is mede-aanspreeklik vir die kind se toekoms, waaronder ook die toekoms van die kind se geloof, taal, geskiedenis en kultuur.

Kinders het behoefte aan geborge behorendheid, 'n "tuiste" waar hy veilig en gemaklik voel. Sy eie geloofs-, taal- en kultuurgemeenskap bied so 'n "natuurlike tuiste". 'n Besondere kenmerk van 'n kind is sy kwesbaarheid. Dit is veral die kind se onvermoë tot onderskeiding wat hom kwesbaar maak. Kinders sterf omdat hulle nie kan onderskei tussen vloeistowwe soos water, koeldrank en paraffien, medisyne of gif nie.

In hierdie gesprek is die begrippe "kenmerk" (van die kind) en "konteks" (waarbinne sodanige kenmerk toepassing vind) baie belangrik. Jesus gebruik die kindkenmerke van opregtheid en onskuld in die geloofskonteks. Gebruik Hannes kinderlike "kleurblindheid", as resultaat van die kindkenmerk van onvermoë-tot-onderskeiding, as rigsnoer in samelewingskonteks? Kan blindheid, in enige konteks, 'n norm wees?

Die kind bereik volwassenheid sekerlik nie as "kleurblinde" nie, of hoe? Beteken volwassenheid nie juis om van "blindheid" tot "siendheid" te ontwikkel nie?




Wednesday, 3 November 2010

Jansen : vreemdeling, of studentewerwer?

In sy artikel, "Oë gaan oop as jy uit jou kringetjie beweeg" (DB,02.11), skets prof. Jonathan Jansen 'n kontrasterende prentjie tussen SA en die VSA. Hiervoor gebruik hy die terugvoer van slegs drie van 71 eerstejaarstudente   -   na afloop van hul besoek aan "top-universiteite aan die Amerikaanse ooskus"   -   asof dié drie se ervaringe hoegenaamd verteenwoordigend van al 71 sou wees!

Die vermoede bestaan dat Jansen in sy artikel vooropgeset selektief met dié studente-terugvoer werk om sy eie versweë oogmerke daarmee te bereik.

Jansen het "...iets taamlik dramaties ontdek in die lewensveranderende ervarings van dié (drie) jongmense..."  tydens hul besoek aan die VSA. Jansen wou van dié drie weet wat "...die een ding in jou buitelandse ervaring (was) wat jou verander het?" Die antwoorde van dié drie studente beskou Jansen as "...die aangrypendste verhaal van veranderde lewens wat ek in 'n baie lang tyd gehoor het."

Die eerste student sê hy is bekeer van sy verafskuwing van gays en lesbiërs. Hy het sy vooroordeel teen diesulkes in die VSA ontdek en voel nou baie skaam daaroor.

Die tweede student het haar siening verander dat "...nie alle blankes...slegte mense (is) nie...", die resultaat van "...saamleef met en gekoester word deur 'n blanke gesin..."

Die derde student het sy siening verander dat probleme slegs deur te baklei en eise te stel, opgelos kan word, na probleemoplossing deur middel van logiese denkredenering.

Ek glo vir geen oomblik dat dié studente-ervaringe so uniek en eie is, en hul veranderde ingesteldhede slegs gewyt moet word aan VSA-blootstelling nie. Indien Jansen bereid is om navraag te doen, sal hy dieselfde "aangrypende verhale" van "veranderde lewens" ook in SA self aantref.

Is Jansen dus die spreekwoordelike "vreemdeling in Jerusalem", of is dit bloot 'n subtiele reklamefoefie met die oog op studentewerwing vir sy universiteit in 'n sterk mededingende universiteitsomgewing?

Monday, 25 October 2010

Beskerm kind teen Halloween-invloed

Op 31 Oktober word Halloween (Allerheiligeaand!) weer wêreldwyd gevier en kinders aangemoedig tot deelname daaraan deur die dra van maskers en uitrustings van hekse, monsters, bose geeste, vampiere, ens.

Kinders is entoesiasties ingestel op die dra en vertoon van Halloween-drag met géén idee waaroor dit werklik gaan nie. Sou volwassenes weet waaroor dit régtig handel? So, vanwaar Halloween, en wat beteken dit?

Hierdie jaarlikse Halloween-"fees" het sy oorsprong in die Keltiese godsdiens van Ierland, Noord-Europa en Engeland, by geleentheid waarvan Keltiese- of Druïde-priesters diere-  en menseoffers aan hul god, Shamhain,   -   Engel van die Dood en hoof van al die bose geeste (Satan)   -   gebring het. Dié "fees" is die grootste jaarlikse "fees" deur sataniste en okkultiste gevier tot eer van Satan.

Die geeste van dooies "besoek" tydens dié nag hul families; vandaar die vermomming in kostuumdrag. Deelnemers dans van huis tot huis en vra offergawes vir Shamhain in die vorm van 'n "Trick or Treat". Diere-  en menseoffers was 'n "Treat", en 'n uitgeholde pampoengesig agtergelaat om 'n woning teen bose geeste te "beskerm". Waar daar nié aan Druïde-eise voldoen is nie, is heksagramme op voordeure geteken en huise en  -bewoners vervloek.

Ouers, onderwysers en kinders besef waarskynlik nie altyd die implikasies en gevare verbonde aan kinderdeelname aan Halloween nie. Baie mag dink dat 'n "oppervlakkige, nie-ernstige" deelname daaraan eintlik net onskuldige kinderpret beteken. Deur deelname aan dié sataniese ritueel, word kinders blootgestel aan die risiko van bose beïnvloeding.

Deelname aan Halloween hou die gevaar in van prikkeling deur, aangetrokkenheid tot en belangstelling in riller-  of gruwelfilms, die geheimsinnige okkultiese wêreld, blootstelling aan gewelddadige optrede en selfs die gevaar van demoniese bindinge.

Is kinders nog kosbaar vir ouers sodat hulle hulle teen dié gevaar sal beskerm, of is ons só "modern" en "verlig" dat ons die idee van kinderbeskerming bespot?

Tuesday, 14 September 2010

Verwaarloos jeug, en vernietig die toekoms

'n Besoek aan die kinderafdeling van 'n klerewinkel vestig opnuut die aandag op die "boodskappe" wat kinderklere "adverteer".
"The last hope for humanity rests in the hands of an alien"; "Ben 10 Alien force"; "The whole planet is mine!!! And you should please me!!!"; "Batman Dark Knight"; "The secret Saturdays"; "Evolution" en "Serpiente (slang) Revolution", is maar enkele van dié boodskappe wat kinderklere "adverteer".

Myns insiens, is hierdie "advertensies" voorbeelde van "boodskappe" vanuit 'n oord wat op subtiele wyse op geestelik-weerlose en hedendaags-kwesbare kinders gemik is. Dit is ongetwyfeld deel van die volgehoue bombardemente op ons Christelike geloofsvesting met die jeug as uitgesoekte teiken.

Gemelde voorbeelde is waarskynlik nog "mak" in vergelyking met wat elders ter wêreld vir dié doel van kindermisleiding     -   deur middel van allerlei variasies van okkultiese en demoniese simbole   -   gebruik word om die kind weg te lei van Jesus Christus as sy enigste Verlosser en Saligmaker.

Volwassenes wéét hoe beïnvloedbaar en vatbaar kinders is vir dié voorstellings van karakters wat maklik tot navolgenswaardige "held" verhef en spontaan mee geïdentifiseer word. Ouers versterk dit verder deur 'n verjaardagpartytjie rondom so 'n "held" in te klee.

Waarom sal 'n ouer voorkóm dat sy kind aan 'n giftige slang blootgestel word, maar nié teen geestelike vergiftiging nie? In Lukas 11:11-12 vra Jesus: "Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee...of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee?"

Is daar ouers wat besig is om vir hul kinders "slange en skerpioene" te gee wanneer hulle om "vis of 'n eier" vra wanneer dit kom by die voorsiening in die kind se behoeftes?

Die hand wat die wieg skommel, bepaal die toekoms. Verwaarloos die jeug, en vernietig só ons geloofstoekoms.

Monday, 21 June 2010

Fifa wys hierdeur dubbele standaarde

Vanweë die agtergrondsgeskiedenis van 16 Junie   -   deur die ANC tot Jeugdag verklaar   -   was my indruk nog altyd dat dit eintlik maar 'n dag is waarop die swart jeug spesiaal in die kollig kom, en nié soseer die wit-, bruin- en Indiërjeug nie. Geniet laasgenoemde dieselfde mate van regeringsaandag, of is dit maar 'n taamlik eensydige dag?

Maar is dit egter net die ANC wat realisties verdink kan word van dubbele standaarde wat die SA-jeug betref? Wat van FIFA en die wêreld-sokkergemeenskap? Kom ons kyk.

Daar word berig dat AfriForum Jeug enkele dae gelede 'n internasionale bewusmakingsveldtog oor FIFA, Peter Mokaba, plaasmoorde en HIV/VIGS geloods het en wat dusver reeds wye steun geniet.

In dié veldtog beweer AfriForum Jeug dat die ANC-regering en FIFA 'n onregverdigbare heldeverering vir Peter Mokaba het. FIFA het, op versoek van AfriForum Jeug, geweier om sy heldeverering vir Mokaba van sy webblad te verwyder; vandaar die internasionale bewusmakingsveldtog.

Wie was Peter Mokaba nou weer? Hy was 'n voormalige president van die ANC Jeugliga en word veral onthou vir sy sing van "Kill the Boer, kill the farmer!", die aanhitsing van sy ondersteuners tot rassegeweld en plaasmoorde, asook sy beïnvloeding van die ANC-regering om HIV/VIGS te ontken, en hom só aandadig gemaak het aan die dood van duisende mense.

Billikheidshalwe vra AfriForum Jeug óf FIFA en die sokkerspelende lande sal toelaat dat sokkerstadions na diktators en mensemoordenaars, soos vroeër in Duitsland (Hitler), Serwië en Argentinië, vernoem word? FIFA en wêreldsokker het egter géén probleem met die naam van Peter Mokaba vir die Polokwane-stadion nie.

Is dit nie 'n voorbeeld van onverbloemde dubbele standaarde van FIFA en wêreldsokker nie?

Wednesday, 9 June 2010

ANC indoktrineer met oorlogsfoto's

Die Burger-berig (29.05), "Oorlogsfoto's in vraestel laat kinders huil", verwys.

Hierin word berig dat kinders "...erg ontstel (is) deur grusame foto's uit die Tweede Wêreldoorlog wat deel van hul geskiedenis-vraestel uitgemaak het." Dis duidelik; dié foto's moet méér as 'n historiese doel dien.

Die geskiedenis-gedeelte van die vraestel vir graad 9-leerders weerspieël 'n subtiele kontrastering van die apartheids- en ANC-ideologieë. Aan die hand van prentevoorstellings moet leerders apartheidswetgewing   -   soos dié op afsonderlike geriewe, verbod op gemengde huwelike en instromingsbeheer   -   kan identifiseer én ook kan verduidelik hoedat weerstandsbewegings en Umkhonto Wesizwe apartheid beveg het.

Op subtiele wyse word die apartheidsvergrype gekoppel en gelykgestel aan die gruweldade van die Nazi-bewind. Dis duidelik hoedat die NP- en Nazi-bewinde saam gegroepeer, en die S.A.-anderskleuriges en Jode saam gegroepeer word, 'n flagrante wanvoorstelling van onvergelykbare historiese gebeure; doelbewuste misleiding van kinders.

Dis tog bekend dat die "struggle"-vriende en bondgenote van die ANC in hoofsaak kommuniste is. Die ANC-onderwysowerhede durf dit nie waag om soortgelyke gruwelfoto's van kommunistiese gruwels onder Stalin, Mao Tse Tung en Pol Pot gepleeg, in vraestelle op te neem nie; dit sal hul eie ideologie ontmasker. Nazisme is lankal verslaan; kommunisme nie. Dit is steeds mét en tússen ons.

Onderriginhoude, soos weerspieël in gemelde vraestel, is opsigtelik van 'n breinspoelende aard met die doel van die jeug se aanvaarding van die ANC-ideologie. Hierdie inhoude dien die doel van ideologiese indoktrinasie.

Hierdie inhoude laat geen illusie oor waarheen die ANC met die S.A.-jeug onderweg is nie. Ouers én onderwysers wat nie hierteen gaan optree nie   -   om 'n herhaling te voorkom   -   laat die jeug in die steek. Die jeug is ons toekoms. Moenie hulle in die steek laat nie.

Tuesday, 3 November 2009

ANC saboteer dié versoeningspoging

Die versoeningspogings rondom die Reitz-4 word opsigtelik deur die ANC gesaboteer. Waarom? Waarskynlik om verskeie redes. Een so 'n rede is dat die ANC 'n bevrydingsbeweging is en sigself steeds ag in 'n onafgehandelde vryheidstryd betrokke te wees, 'n stryd wat in fases verloop.

Wie meen dat die stryd in 1994 beëindig is, is ewe naïef as Neville Chamberlain wat ná die München-ooreenkoms met Hitler oor Tsjeggo-Slowakye in September 1938 vir die Britte gesê het : "Peace in our time!"  'n Jaar later het die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek.

Die propagandawaarde wat die Reitz-voorval vir die ANC in sy volgehoue stryd teen die  "oorblyfsels van kolonialisme", kapitalisme, klassisme en "wit" rassisme het, moenie onderskat word nie   -   nasionaal, regionaal en internasionaal. Dit dien ook as aandagafleier van die ANC se eie interne probleme.

Dat ANC-ondersteuners   -   ten spyte daarvan dat baie steeds in uiterste armoede verkeer   -   volgehoue solidariteit betoon met 'n organisasie wat hulle in die steek laat, dui daarop dat daar steeds 'n sterk anti-wit sentiment in ANC-geledere aanwesig moet wees. Dit is geen basis vir versoening nie. Versoening is nuansryk-geskakeerd en kan kwalik sonder bemiddeling geskied. So 'n tussenganger moet vir beide partye aanvaarbaar wees. Ons regstelsel behoort so 'n legitieme en finale arbiter te wees, ingestel op versoening.

Laat die reg sy loop neem deur die Reitz-4 te verhoor, waar hulle onderworpe is aan die regsreëls van die geregshof en die ANC ontneem word van sy propaganda-winste. Só word verseker dat Jansen nie in dieselfde slaggat as Chamberlain sal trap nie.

Saturday, 10 October 2009

Bewondering vir dié jong gelowige

As senior burger is ek daarvan bewus dat ek myself in die vertreksaal van die lewe bevind, saam met ander, wagtende op die onverpasbare vlug na die anderkant. Morbied? Nee, dit is 'n absolute werklikheid.

Ek was ook eens in die aankomssaal van die lewe waarvandaan ek op 'n lewensending vertrek het. Op dié sending was ek altyd bewus van die eie roeping en taakopdrag tussen aankoms en terugkeer. Die roeping impliseer opdrag-uitvoer waarvoor elkeen van ons volkome toegerus is (2 Timoteus 3:17).

My lewe lank was, en is, koning Dawid vir my 'n besondere Bybelfiguur. Die verhaal van sy oorwinning oor Goliat het my lewenslank bygebly en ook geïnspireer om te bly glo dat daar uit die moederskoot van my volk iemand gebore sal word wat sal sê : "Wie is hierdie heiden, hierdie Filistyn, nogal dat hy die linies van die lewende God verkleineer?" (1 Samuel 1726b)

Toe ek  "Leerder begin Facebook-groep vir godsdiensonderrig by skole" (DB,07.10.2009), lees, het ek geweet dat dit wat ek glo, nie so vergesog is nie.

Dankie, Jessie Bester, vir jou manmoedige standpunt aangaande jou ywer vir die behoud van Christelike skole ter beskaming van sovele volwassenes wat, soos Petrus van ouds, ook sê dat hulle Christus nie sal verloën nie, maar vir wie die haan in ons dag dalk reeds drie maal gekraai het.

Sterkte vir die toekoms, jou jong geesgenoot, jy wat sê : "Ek baklei spesifiek vir die Christendom". Ek bewonder jou jeugdige geloofsmoed.

Friday, 30 January 2009

Christenjeug vra : Wát moet ons glo?

In sy artikel,  "Die man wat die natuur herbeskou het" (DB,24.01.2009), stook Jurie van den Heever andermaal die evolusievuur. Dié man was die graaf van Buffon,  "een van Charles Darwin se belangrikste voorgangers", en 'n vriend van Voltaire, iemand wat 'n skrikwekkende met-angs-gevulde, van God-verlate sterfbed beleef het vanweë sy verwerping van God.

Van den Heever sê : "Destyds is sulke (Buffon se) uitlatings as kettery beskou, aangesien die Bybel slegs na 'n enkele skeppingsweek verwys", dog hy het sy oortuigings vermommend versteek met  "sy briljante skryfstyl (waarmee) hy sy vermeende ketterse oortuigings so goed in die teks kon verbloem."

Wetenskaplikheid word altyd gekenmerk deur 'n  "geloofsverbintenis"  in dié sin dat dit wat die wetenskaplike glo, vir hom wáár (geloof-"waar"-dig) moet wees. Wetenskaplike kennis moet gegló kan word ; móét dus waarheids-  en geloofwaardige kennis wees.

Die wetenskaplike wat glo in sy teorie, is dus tegelyk ook 'n "egte gelowige". Dit geld ook vir die evolusie-teorie met sy eie intra-paradigmatiese  "geloofsbagasie".

Edwin Muir het gesê :  "Teach me, teach me to believe, for to believe is to be."  Hierop antwoord ons verwarde Christenjeug :  "Maar wát moet ons glo : die Bybelse leer, of die evolusieleer?"

Jesus het gesê : "Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met 'n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink." (Matteus 18:6)

Ouers, onderwysers én predikante moet hiervan ernstig kennis neem ; ook van Paulus se waarskuwing in Kolossense 2:8 : "Pasop dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie."

Saturday, 12 April 2008

Verslag van 'n buitelander

Met die Reitz 4-gebeure aan die Vrystaatse Universiteit nog vars in die geheue, is dit insiggewend om van die selfdeurleefde indrukke van die Nederlandse skrywer   -   Tommy Wieringa   -   kennis te neem ná die onlangse polisieklopjagte op Stellenbosch, indrukke wat hy ongetwyfeld met hom saamneem op sy terugreis na Europa.

In  " 'n Blik van buite op Breyten se apologie" (DB,08.08.2008), wys Wieringa, Nederlandse skrywer, daarop dat  "Breyten Breytenbach...twee Nederlandse skrywers (om) verskoning gevra (het)"  vir die polisie se hardhandige optrede in onlangse klopjagte op Stellenbosch. Wieringa, wat sélf dié polisiegeweld beleef het, berig eerstehands daaroor soos volg :  "In die Mystic Boer...was die publiek wit   en die polisiemag wat ons oorrompel het, was swart...ek (het) gesien hoe polisiebeamptes mense met hul swaar stewels skop, op die kop en in die ribbekas, soos jy 'n vuur doodtrap.

"Die instinktiewe haat teenoor die ander is nie beperk deur selfbeheersing of 'n beleid oor die gebruik van geweld wat jy van 'n owerheidsfunksionaris sou verwag nie. Ek het studente hoor vra   -   vrae wat nie met woorde nie, maar met klappe beantwoord is.

"Ek het die vroulike polisiebeampte op 'n...nie-konfronterende toon gevra wat aan die gang is...Sy het my 'n geslote redenering gegee, totalitêr van aard : Nie ons nie, maar u is verantwoordelik vir wat ons aan u doen.

"Voordat ek die disko mog verlaat, is ek deurgesoek deur 'n polisiebeampte met rubberhandskoene...Ná die viriele geweld van knuppels en stewels het die handskoene effens verwyf voorgekom...Vir die draers verteenwoordig ons iets smerigs, iets wat hulle nie met hulle kaal hande wou aanraak nie...slegs met handskoene en stewels."

Wieringa eindig met : "Tog is dit uiteindelik nie die geweld wat my die meeste angs inboesem nie, maar die mensbeeld daaragter...die blik van 'n mens wat die ander reduseer het tot 'n objek waarop hy sy haat laat botvier, dié blik sal ek onthou."

Terwyl die Reitz 4-insident wêreldwyd publisiteit geniet het, kan dieselfde waarskynlik nié gesê word wat betref die dekking wat die Stellenbosch-voorval in die buiteland geniet het nie ; daarvoor het die polisie gesorg deur betyds fotomateriaal te konfiskeer.

Mag ons na hierdie voorval verwys as 'n walglike insident? Die feit bly egter : Bovermelde is die eerstehandse verslag van 'n buitelander wat beweer :  "dié blik sal ek onthou".

Friday, 25 April 2003

Dit gaan nie net oor kennis

IEMAND het gesê: "Die tragedie van ons wêreld is dat mense nie weet wat (en dat) hulle nie weet nie, en hoe minder hulle weet, hoe sekerder is hulle dat hulle wel alles weet."

Met die lees van Nandie Bahlmann se brief (Brieweblad, 17/4) het bogenoemde my getref: Die tragedie om, begryplikerwys, nie te weet nie; die tragiek waardeur ons almal  - ek inkluis  - gekenmerk word, want sien, daar is kennis, maar ook "kennis-as-wete".

Om oor ongetoetste kennis te beskik, beteken nie noodwendig om te weet nie; so simplisties is kennis nie. 'n Voorbeeld is die antiek-Griekse denkdwaling van: "Kennis van die goeie lei tot die doen van die goeie." Met ander woorde, vertel kinders ook alles van vreemde godsdienste en dit sal hul eie geloof nie beïnvloed nie.

Kennis is iets waarmee ons iets kan doen, maar kennis is ook iets wat met ons iets kan doen.

Elke gegenereerde kennissoort het 'n bron of oorsprong sowel as 'n doel of bestemming. Geen kennisblootstelling is neutraal en sonder 'n risiko-element nie. Daarom word daar onder meer op 'n kennisgedifferensieerde wyse met skoolgaande kinders in hul ontwikkelingsgang gehandel volgens 'n beplande kurrikulum  - synde geag as waardevolle kennis- en leerinhoud  - geweeg aan die hand van 'n bepaalde waardestelsel en voorgeskryf deur 'n besondere geloofs- of ideologiese oortuigingsraamwerk.

Kennis is daarom nie so "onskuldig en onskadelik" as wat dit vir die persoon sonder insigtelike kennis dalk mag voorkom nie.

In ons kritiek op die besware van Christene wat gekant is teen onderrig in 'n godsdiensteverskeidenheid, behoort ons te onderskei tussen wat die Christen-verbondskind met kennis van verskillende godsdienste kan doen en wat sodanige kennis aan die kind kan doen  - en albei dan volgens Skrifbeginsels, en nie sinkretisties nie, teenoor mekaar opweeg.

Wednesday, 16 April 2003

SA geloofsbeeld moet val

Daar is 'n simboliese ooreenkoms tussen die Brits-Amerikaanse koalisiemagte se verowering van Irak in die tweede Golfoorlog en die transformerende koalisiemagte in ons land. Irak is verslaan, Bagdad verower en Saddam Hoesein se standbeeld omgegooi. Plaaslik is soveel reeds onomkeerbaar getransformeer.

Ook ons reformatoriese geloofsbeeld, die Christusbeeld, moet val deur middel van 'n getransformeerde godsdiensbeleid vir skole. Steek ons die hand in eie boesem, kan ons nie die gesamentlike koalisiemagte van sowel die vorige as die huidige regering in die voorbereiding van ons Christelike geloofsbeeld se val ontken nie.

In 1982 het die Afrikaanse Ouervereniging vir Christelike opvoeding en onderwys (AOV) tot stand gekom. Op 22 April 1984 het die  "vader"  van dié vereniging, dr. S.J.Eloff, predikant in diens van die Algemene Sinode van die NG Kerk, met opdrag opvoeding en onderwys, my meegedeel dat die gesindheid in regeringskringe jeens die AOV een was van : "Indien ons dit nie (polities) kan beheer nie, moet ons dit vernietig."  Dit ís vernietig!

Sensusopnames toon dat die meeste landsburgers Christene is, maar die Christelike fondament van die vorige grondwet is by Kodesa deur onderhandeling vernietig. Aan die vooraand van die referendum wat op dié onderhandelinge gevolg het, het mnr. F.W. de Klerk 'n beroep op kiesers gedoen om  "ja"  te stem. Hy het daarop gewys dat die oorgrote meerderheid van die land se inwoners Christene is en dat ons derhalwe nie anders kan as om 'n Christelike regering te kry nie   -   na my mening was dit politieke uitbuiting van die Christelike geloofsentiment.

Leerlinge van die Hoërskool Despatch het nou in die strate gestap om openlik hul teenkanting teen die voorgestelde godsdiensbeleid vir skole te demonstreer (DB,11.04.2003), want die ouerhuis, skole, gemeentes en gemeenskappe swyg terwyl ons Christenjeug in 'n koalisie-oorlog gewikkel is om geloofsoorlewing.