Showing posts with label Evolusie. Show all posts
Showing posts with label Evolusie. Show all posts

Monday, 31 July 2017

Mag die skille betyds van hul oë val


Johan Theron (DB,29.07) se kritiek op my skrywe (DB,22.07)   -   dat ek kwansuis die lesers "mislei" met my verwerping van die evolusieleer en aanvaarding van die skeppingsleer   -   is wroegingloos ignoreerbaar; sy Godontkennende belediging van Jesus Christus egter nie.

So, wat sê Theron van Christus? 1 Ons kan glo alleen weet wie ons is danksy Charles Darwin; 2 Jesus was 'n gewone mens soos ons; 3 "...sy sogenaaamde opstanding en verlosserstatus is bloot 'n mite"; 4 Jesus was 'n "politieke martelaar" soos Steve Biko, en 5 die gelykstelling van Jesus met Mandela   -   die enigste "twee mense" wat na 500 jaar nog onthou sal word.

En, nee Theron, die mens, na Gods beeld geskape, is geen "spesie" nie. Watter belediging om só na die kroon van Sy skepping te verwys.

'n Kort kop agter Theron, is JT (DB,28.07) wat sê dat: "Jesus...glad nie so uniek...hom aan ons voordoen nie (en)...ander gelowe beskryf hom as die grootste valse profeet. Mandela se vertoning van liefde en vergifnis het die ganse wêreld aangegryp..." Moet hieruit afgelei word dat Mandela se "liefde en vergifnis" dié van die "valse profeet", Jesus Christus, oorskrydend te bowe gaan?

Die wyse koning Salomo se raad aan my om dié twee here te antwoord, is: "Moenie 'n dwaas...op net so 'n dwase manier antwoord nie; hy sal dink jy is soos hy" (Spreuke 26:4). Sy pa, koning Dawid, definieer 'n dwaas soos volg: "Die dwaas dink daar is geen God nie" (Psalm 53:2).

Mag die skille betyds van hul oe val ter wille van hul ewigheidsbestemming.




Monday, 20 August 2012

Jablonski-bewerings weerspreek die Bybel

Elsabé Brits se artikel, "Ras lê nie veldiep" (DB,15.08), het betrekking. Hierin stel sy die Bybels onversoenbare evolusionistiese siening van prof. Nina Jablonski oor die mens in die algemeen, en sy velkleur in die besonder. Uit haar bewerings is dit duidelik dat Jablonski nié die Bybelse skeppingsverhaal oor die mens erken nie. Haar bewerings daaromtrent is derhalwe heeltemal teenstrydig met die Christelike geloofsraamwerk.

Vir Jablonski is velkleurverskille bloot 'n "evolusionêre ontwikkeling en produk van natuurlike seleksie". Sy beweer velkleur is bloot die vel se vermoë om by wisselende klimaatsveranderinge aan te pas en is die mens ook die enigste "self-decorating ape"   -   'n onbybelse mensbeskouing. Verder het "patrone van migrasie, die son en natuurlike seleksie die mens se velkleur bepaal", en nie die Skepper nie.

Volgens Jablonski het "homo sapiens" in Oos-Afrika naby die ewenaar (evolusionêr) ontwikkel en was donker van kleur. Dit is egter nie wat die Bybel sê nie. Ook het God ménse gemaak; nie "homo sapiens" nie. Ons voorsate se naakte liggame was blootgestel aan die DNS-skadelike ultravioletstraling van die son, daarom was "die ontwikkeling van 'n donker vel noodsaaklik vir oorlewing". Met "homo sapiens" se trek na ander wêrelddele moes hy deur genetiese aanpassing weer van velkleur verander. Ja, sê die Bybel, die eerste mensepaar was wel naak, maar na die sondeval het God self hul deur-sonde-ontdekte naaktheid met dierevelle bedek.

Jablonski se bewerings pas die heersende wêreldstrewe na die uitwissing van alle sosio-kulturele verskille tussen mense   -   met die oog op 'n antichristelike eenwêreldbedeling   -   soos 'n handskoen, en moet daarom in dié lig beoordeel word.




Friday, 28 January 2011

Is God ondergeskik aan die wetenskap?

Vele Christengelowiges het waarskynlik Sandra Troskie (BY,22.01) se artikel, "Die evolusie van God (Ja, Hy verander ook)", met ontsteltenis gelees. Daarin word te kenne gegee dat ook die God van die Christendom "...deur sy eie proses van evolusie gaan (en daarom) ...was hy nêrens in die religieuse geskiedenis van die mensdom ooit 'n ónveranderlike god nie."

Hierdie bewering maak die Bybel en sy Outeur tot leuenaar, 'n Outeur wat, daarteenoor, die volgende van Homself sê: "Ek, die Here, het nie verander nie..." (Mal.3:6); "U bly dieselfde..."(Ps.102:28) en "Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid" (Hebr. 13:8).

Vanwaar dan dié gewelddadige aanslag op die waarheid van die Woord? Efesiërs 6:12 antwoord met: "Ons stryd is...teen die bose magte van hierdie sondige wêreld..." Dit is presies wat ek, as Christengelowige, raaklees wanneer Troskie beweer: "...die meeste aanhangers van die wêreld se religieë (waaronder ook Christene) ervaar...min spanning tussen hul skeppingsverhale en teorieë soos dié van die oerknal en evolusie."

Troskie verwys na prof. Willie Esterhuyse wat sê: "God...is 'n god wat deur sy eie proses van evolusie gaan; 'n proses aangedryf deur die voortgaande (en nodige) kritiek wat die mensdom op sy gode het...God is dus die ewig veranderende...daarom kán geen geloof sonder die wetenskap oorleef nie...Enige geloof wat hierdie wete ignoreer, sal uiteindelik sterf."

Troskie kom tot die slotsom dat "...wat die wêreld vandag nodig het, is mense wat bereid is om hul gode in die naam van reg en geregtigheid uit te daag." Dié denklyn is duidelik: Begrip van ('n evoluerende) God   -   en dus ook Sy Woord   -   asook die voortbestaan van geloof in Hom, berus op die wetenskap. Só word Jesus se profetiese vraag vervul: "Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?" (Luk. 18:8b).





Thursday, 7 October 2010

Kotze se stap wys op erns van omgee

A.Kotze se brief, "Boek toon evolusie is onmoontlik" (DB,02.10), verwys. Hierin sê Kotze dat hy dr. Hennie Mouton se boek, Verken Lewenswetenskappe verder  -  'n kritiese evaluering van evolusie, "...aan 'n paar skole geskenk en die terugvoering...was dat die boek 'n wonderlike hulp is om die waarheid aan die kinders te leer  -  soos vervat in die Bybel."

Wat Kotze gedoen het, berus op 'n briljante gedagte. Ek verseker hom graag van my volle ondersteuning. Organisasies van welke aard wat hulle vir die toekomstige welsyn van die Suid-Afrikaanse jeug beywer, kan gerus oorweeg om Kotze se voorbeeld te volg.

Enigeen wat wil weet hoe om Mouton se boek(e) te bekom, is welkom om met my te skakel ter wille van ons kinders. Dieselfde geld ook indien belangstellendes die boeke van P.J.Pelser, soos Die Evolusie Illusie en The Hoax of Darwinism and The African Eve  -  a challenge to the minister of education, wil bekom.

Ons moenie dié boeke sien as plaasvervangend van die Bybel, as ons primêre Bron oor die skepping, nie, maar eerder as aanvullend en toeligtend daartoe. Die Bybel staan beslis in die voorste linie in Christene se verdediging teen evolusie-aanslae. Efesiërs 6:17 sê juis vir ons: "...vat die swaard van die Gees, dit is die Woord van God" as deel van ons wapenrusting.

Op grond waarvan beweer ek dat die Bybel ons primêre Bron in ons verweer teen evolusionisme is? Jesus self het vir ons dié voorbeeld gestel. Toe Jesus by drie geleenthede deur Satan versoek is, het Hy Satan telkens vanuit die Skrif geantwoord en só op sy plek gesit (Lukas 4:1-13). Dawid het Saul se krygsharnas uitgetrek en Goliat "...in die Naam van die Here die Almagtige verslaan..." (1 Samuel 17:45).

Kotze besef beslis hóé gebrekkig ons kennis van die Bybel is; vandaar sy stap wat dui op die erns van sy omgee.

Tuesday, 5 October 2010

Onwaar:Kotze kies, besluit nié vir jou

Onderwyser asook ouer se brief, "Moenie vir ander kies oor evolusie" (DB,05.10), verwys. Hierin sê die skrywer: "Evolusie word deesdae in skole op vergelykende vlak met godsdiens onderrig."

Ek vind dié bewering besonder veelseggend. Wat bedoel die skrywer met die uitdrukking, "vergelykende vlak"? Sou ons aanvaar dat "gelyk" die grondwoord in "vergelykende" is, laat dit 'n interpretasie toe waarvolgens die skrywer mag bedoel dat evolusie en godsdiens op 'n "gelyk(e) vlak" verkeer.

Indien dit die skrywer se bedoeling is, stem ek daarmee saam. Evolusie is inderdaad 'n vorm van godsdiens, van geloof. Soos wat ek glo in die Bybelse skeppingsverhaal, so glo ander in evolusie. Beide is 'n uitdrukking van geloof en, wat my betref, wedersyds uitsluitend.

Om na ander te verwys, soos dr. Louw Alberts, is 'n persoonlike keuse om die eie standpunt te probeer regverdig. Indien nodig, doen dit gerus. Ek lees in die Woord dat ek juis daartéén gewaarsku word, soos in Jeremia 17:5 wat sê: "So sê die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai..."

Dit verbaas my dat 'n onderwyser kan sê: "Evolusie word...op vergelykende vlak met godsdiens onderrig." Ek was nog altyd onder die indruk dat godsdiensonderrig op skool onderskeibaar is van die Lewenswetenskappe-leerarea waarbinne dié leerinhoude in terme van evolusie aangebied word. Word evolusie dan ook deesdae as deel van die multi-religieuse godsdiens-leerarea aangebied?

Ek verskil van die briefskrywer dat Kotze probeer "...om vir ander te besluit deur evolusie as 'n onwaarheid af te maak..." Kotze is geregtig op sy standpunt soos die briefskrywer op syne.

Volgens die briefskrywer se standpunt oor evolusie is hy, as onderwyser, iemand aan wie ek my kind nié ongekontroleerd wil blootstel nie. Ander ouers voel dalk ook so.

Wednesday, 29 September 2010

Laat kerk en ouers kinders in steek?

My vorige brief het, volgens Brieweblad se keuse, onder die opskrif, "Mag leerkragte kinders so mislei?" (DB,22.09), verskyn. My voorstel vir 'n opskrif was, "Gee ouers nie meer om vir kinders nie?", om daarmee aan te dui dat my brief aan ouers eerder as leerkragte gerig was.
Van die Lewenswetenskappe-leerkrag se onbenydenswaardige situasie is ons wel deeglik bewus. In "Evolusieleer in skole is realiteit wat bly  -  Hanekom" (DB,15.11.08), sê mnr. Derek Hanekom, adjunkminister van wetenskap en tegnologie, "...dat (die) evolusieleer in Suid-Afrikaanse skole geleer word en daar aangehou sal word om dit te doen."

Met hierdie uitspraak gee die ANC, deur Hanekom, nie net toestemming aan leerkragte om evolusie te onderrig nie, maar inderdaad die opdrag daartoe. Derhalwe is daar begrip vir die posisie van dié leerkrag in die klaskamer.

Brieweblad se briefopskrif óf leerkragte kinders mag mislei, is egter geweldig belangrik. Vanuit beide 'n opvoedkundig-onderwyskundige én Christelike perspektief, is die antwoord ondubbelsinnig, nee! Vanuit 'n ANC-perspektief is die antwoord egter ondubbelsinnig, ja!

Die vraag aan predikante, ouers en leerkragte is: By watter van hierdie standpunte skaar u uself? In my skrywe van 22.09 het ek gewys op die standpunt van enkele Christenleerkragte hieromtrent, wat Christenouers tot nadenke behoort te stem. Uit sodanige standpunt van sommige Christenleerkragte is dit nie duidelik of hulle wel evolusie-georiënteerde Christene, of Christelik-georiënteerde evolusioniste is nie. Hoe dit ook al sy, volgens wat die Bybel ons leer, is dit nié moontlik om tegelyk Christus en die evolusieleer aan te hang nie.

Waaroor dit wél hier gaan, is die beskerming van Christen-verbondskinders teen die evolusieleer en die rol daarin van, spesifiek, Christenleerkragte, maar óók hul blootstelling aan nie-Christenleerkragte.

Met die duidelike tendens dat die kerk nie langer waak oor die onderwys van sy doop- én belydende lidmate nie, is die vraag of ook óúers nie toenemend hul kinders in die steek laat nie.

Tuesday, 21 September 2010

Gee ouers nie meer om vir kinders nie?

Gedurende die afgelope eksamen moes matrikulante weer eens vrae beantwoord oor evolusie in die leerarea Lewenswetenskappe, Vraestel 2.
Die verandering van die vaknaam Biologie na Lewenswetenskappe verteenwoordig 'n paradigmaskuif binne dié vakgebied. Die wetenskapsfilosoof, Thomas S. Kuhn, vergelyk 'n paradigmaskuif met 'n "bekeringservaring", wat dit inderdaad ook is wat betref sommige leerkragte binne dié vakgebied.

Uit gesprekke met leerkragte wat hierdie vak aanbied op skool, blyk daar nie eenstemmigheid te wees oor die wenslikheid van die ongekontroleerde blootstelling van kinders aan evolusie-inhoude nie. Van hierdie leerkragte, ook as belydende Christene, is heel gelukkig om te aanvaar dat hulle van aapagtiges afkomstig is. So beweer een leerkrag: Niemand het God nog ooit gesien nie; hoe kan daar dan bewys word dat God nie ook maar soos 'n aapagtige voorsaat lyk nie? Hierdie Christen-leerkrag het duidelik vergeet dat Jesus gesê het: "En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het" (Johannes 12:45).

God, 'n Wese wat kwansuis "evolueer"? Is dit wat die Bybel ons leer? Nee! Maleagi 3:6 sê: "Ek, die Here, het nie verander nie..."

Meer as een van dié evolusie-ondersteunende Christen-leerkragte beroep  hulle ook op hul skoling deur Christendosente synde "pragtige Christengelowiges" te wees. Wil hierdie leerkragte te kenne gee dat hulle veel eerder hul opleiers glo as die Woord van God?

Indien leerkragte, as volwassenes, dan só maklik vatbaar is vir beïnvloeding deur "wetenskaplike leermeesters", hoeveel te meer nie ons kinders nie? En die ouers? Wat onderwysers sê, is mos onaantasbaar, of hoe? Durf ouers onderwysers teengaan?

Sommige vakklaskamers het inderdaad geestelike oorlogzones en slagvelde geword. Statistiek uit sowel die VSA (dr. Kent Hovind) as SA (prof. Branch) bevestig dit. Leerkragte mag wel glo wat hulle wil, maar mag hulle kinders mislei? En ouers   -   is hulle self nie meer waarheidsoekend ingestel nie, en/of gee hulle net nie meer om vir hul kinders nie?

Thursday, 5 August 2010

Ondersteun Strauss se Skrifbeskouing


Afgetrede Dominee se skrywes, "Gelowiges kan ook wetenskap beoefen" (DB,05.08) en "Nuwe vertaling van Bybel is dalk nodig" (DB,28.07), verwys. Dit is met groot skok én teleurstelling dat ek dit gelees het en wonder terselfdertyd waarom hy agter 'n skuilnaam wegkruip.

Die evolusiegesprek betrek onvermydelik die Bybel én God as die outeur daarvan. Uit sy skrywes word dit duidelik dat Afgetrede Dominee God as Skepper erken, maar nié vir God as Geïnspireerde Skrywer van Sy Woord erken nie. Dit blyk dááruit dat hy verwys na "...die mitiese karakter van...die Ou Testament (waarin die Skeppingsverhaal beskryf word)...", en hy wil hê dat dit "...hervertaal moet word, binne die jongste wetenskaplike konteks..." waaronder ook evolusie as "wetenskap" gereken word.

Hy vra dan ook of prof. Piet Strauss, NGK-moderator, "...so totaal oningelig kan wees oor die moderne wetenskap, wat ...evolusie...insluit." Verder sê Afgetrede Dominee, Strauss se "...spesifieke Skrifbeskouing is baie verdag en Middeleeus dogmaties"; daarom "...dat hedendaagse (ingeligte) Christene hul toevlug neem na 'n kerkdiens in die Thirst Pub & Grill in Pretoria..."

Afgetrede Dominee, u standpunt oor die Bybel en evolusie verteenwoordig maar slegs één van vele standpunte. George Branch, emeritus-professor in Dierkunde aan die UK, onderskei vier sulke tipes standpunte. Ook André van Zyl, in sy artikel, Evolusie op skool - Wat staan 'n Christenouer te doen?, onderskei óók vier standpunt-tipes.

Ek neem kennis van u standpunt, maar deel dit nie en verwerp dit geheel en al. As NGK-lidmaat is dit vir my belangrik om te verneem na die standpunt van die NGK-leierskap. Selfs hierdie standpunt van 21-22 Junie 2009 van die Moderamen wat lui: 1. evolusie is 'n wetenskap; 2. evolusie mag maar in skole onderrig word, en 3. lidmate moet maar sélf oor evolusie besluit, vind ek bedenklik.

Tans skaar ek myself volledig by die, volgens u, "Middeleeuse" Skrifbeskouing van prof. Strauss.

Monday, 26 April 2010

Tex-laaitie, die helfte is dan myne

Hoezzit Tex, my tjommatjie van Jeffreysbaai, my brêg. Jou SMS (DB,22.04) het my in absolute ekstase gehad. Jy moet 'n besonder begaafde outjie wees wie se ouers en onderwysers met reg op trots kan wees. (Jy is mos nog 'n skoollaaitie, is jy nie?)

Oom het kennis geneem van jou briljante gedagte om die nuut-ontdekte fossiel Australopithecus teeseebreitenbachus te noem. Oom is bewus daarvan dat daar 'n prys uitgeloof is vir skoolgaande kinders (soos jy) vir die paslikste naam vir dié fossiel waarvolgens die wenner (hoop dis jy)   -   en jou skool   -   'n bedrag geld sal ontvang. So, jy is definitief nog op skool?

Ou Tex-man, ek voel werklik gevlei. Reken dat my naam dalk in die biologiese wetenskappe verewig kan word ; ook in handboeke. Fantasties! Ek moet egter met jou eerlik wees en erken dat ek taamlik ontuis en ongemaklik sal wees tussen jóú oom Charles Darwin en al sy pêlle. Solank ek en jy net pêlle bly, is alles orraait, Tex.

Tex-man, eintlik is dit net goeie maniere dat jy my vooraf sou geken het in jou voorgestelde fossiel-naamgewing. Maar Oom is nie kwaad nie, dis orraait so, maar op voorwaarde dat jy wél nog 'n skoollaaitie is   -   en nie dalk vassit in 'n grootmenslyf nie   -   en, indien jou naamvoorstel die prysgeld sou wen, die helfte myne is. Okay?

Bye, Tex, en bly so 'n nice laaitie.                               (ngn)

Saturday, 17 April 2010

Kreasioniste beskik oor heel beste nuus

Jurie van den Heever se artikel, "A. sediba is slegte nuus vir kreasioniste" (DB,10.04), verwys.

Arme Van den Heever, en evolusioniste soos hy, dat hulle nou hul toevlug moet neem tot die spreekwoordelike "aanval is die beste vorm van verweer".

Wat die jongste "vonds", die "...allernuutste oorgangsvorm, Australopithecus sediba..." (tussen aap en mens) betref, sê Van den Heever: "Dit is weer eens slegte nuus vir die kreasioniste." Hoe oppervlakkig, onseker en kwesbaar is die evolusiedenke tog nie om hul "anti-skeppingsgeloof" slegs op tasbare "bewyse" te wil bou nie. Christene se geloof is by uitstek veranker juis in die onsigbare, en nié slegs die sigbare waarvan evolusioniste so diep afhanklik is nie. Tot watter desperaathede gaan evolusioniste hulself nog wend om hul "anti-skeppingsgeloof" te propageer? Christengelowiges benodig geen tasbare bewyse vir dit waarin hulle glo nie, te wete die Drie-enige God as die Skepper van hemel en aarde en Sy onfeilbare Woord.

Dit wat evolusioniste glo, het geweldige nadoodse implikasies vir die mens. Evolusie bied géén hoop aan die anderkant van die graf nie. Vir Christene is daar beslis lewe ná die dood. Die aardse bestaan is slegs die deurgang daarheen. Evolusioniste gaan 'n skrikwekkende prys betaal op die oordeelsdag, ook vir hul doelbewuste misleiding van onnadenkende mense. Warom nie kennis neem van die NDE-getuienisse ("near death experiences") nie?

Nee, Van den Heever, jammer om jou teleur te stel. Kreasioniste beskik oor die heel beste nuus van alle tye ooit:  Jesus Christus het in jou en my plek gesterf, ons sondeskuld volkome betaal, ons met die Vader versoen en nooi ons om van Sy uitnodiging tot redding gebruik te maak.

Hierdie brief het in Die Burger (Oos-Kaap) van 17-04-2010 verskyn.

Wednesday, 14 April 2010

Evolusie-verhaal is dán net fantasie

Elsabé Brits se artikel, "Nuwe hoofstuk in menslike evolusie" (DB,09.04), verwys.

In dié artikel word die leser bekend gestel aan die jongste "oorgangskakel" van die aap na die mens, Australopithecus sediba. Die begrip Australopithecus beteken "suidelike aap".

Ek vind dit vreemd dat daar na dié aap-fossiele as "...'n jong vrou en kind (seun)..." verwys word, begrippe wat op die méns betrekking het; nie op ape nie. Dieselfde geld "Mev. Ples" as Australopithecus africanus ('n aap).

Australopithecus sediba is kwansuis 'n "...oorgangsfossiel tussen die ouer Australopithecus africanus en die eerste Homo-spesies wat direk tot die mens aanleiding gegee het."

Dr. Hennie Mouton reageer hierop soos volg: "...die bewerings dat hierdie aap (Australopithecus = suidelike aap) beslis regop geloop en gehardloop het, interesseer my, veral omdat hulle duidelik geen voete gevind het nie, of indien wel, ondersteun die voete beslis nie hul bewerings nie, anders sou hulle dit as rede uitgebasuin het. Dit is ook insiggewend dat hulle nóú bereid is om te erken dat Australopithecus africanus (Mev. Ples) viervoetig was. 

"Die probleme met die voriges word tipies eers deur die evolusioniste erken sodra hulle 'n volgende 'beter' een ontdek. Dit lyk of die gebrek aan of verkeerde voete (van Australopithecus sediba) hulle in die voet bly skiet."

Dat dié "fossiele" in 'n "natuurlike doodstrik" geval het, kan evolusioniste glo as hulle wil. Ek glo dat dit daar ingespoel is tydens die wêreldvloed in Noag se tyd, en dus ook nie noodwendig plaaslik van oorsprong hoef te wees nie, maar dalk van elders. Indien dit nie die geestelik-vernietigende dood van die mens in sigself omgedra het nie, kon die "evolusie-verhaal" as een van die grootste fantasie-verhale vir liggelowige kinders in menseheugenis beskou word.

Hierdie brief het in Die Burger (Oos-Kaap) van 14-04-2010 verskyn.

Wednesday, 7 April 2010

Verbeelding sal jou dán niks help nie

Koot Pieterse se brief, "Wetenskaplikes is te besig vir drome" (DB,03.04), verwys.

Pieterse sê: "Ek sien die deerniswekkende beeld van 'n verbete dr.T.C.Breitenbach op sy getroue perd, Rosinante, en met Sancho Panza aan sy sy." Hiermee slaan Pieterse my tot ridder: Don Quixote. Dankie vir dié titel; onthou dit net.

Pieterse is beslis heldersiende. Hoe anders kon hy weet dat die Breitenbachs se familiegeskiedenis tot die 12de eeu teruggevoer kan word toe ons edelliede van die hertogdom van Hesse in Duitsland was, en ons familienaam Von Breitenbach zu Breitenfelde was?

Ek reageer kortliks op Pieterse se "getroue perd"-beeld en, volgens hom, my "...desperate stormlope op die mure van die werklikheid..."

Nee, Pieterse, jy fouteer. Ek loop nie die "mure van die werklikheid" storm nie. Nog minder is ek desperaat daaromtrent, want, jy sien, ek sê: "...die werklikheid is Christus" (Kolossense 2:17), 'n geloofswaarheid wat evolusioniste ontken.

Wat jou "getroue perd"-beeld betref: Ek lees in Openbaring 19:11-13: "Daar was 'n wit perd. Sy Ruiter...het klere aangehad wat met bloed deurweek was, en sy naam is: 'Die Woord van God'." So lees ek ook in Johannes 1:1-3: "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God...Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie."

Ook hierdie geloofswaarheid word deur evolusioniste bespot.

Pieterse, ek maak nie met jou rusie indien jy nié die Bybelse skeppingsverhaal glo nie. Jy sê self: "As ek my oë toemaak, kan ek my verbeel..."

Jy is reg; ons almal gáán eendag ons oë toemaak, maar verbeelding gaan dan nie help nie.

Hierdie brief is op 07-04-2010 in Die Burger (Oos-Kaap) geplaas.

Wednesday, 31 March 2010

Evolusieteorie kan nie engele verklaar

In haar artikel, "Nog 'n spesie van die genus Homo gevind" (DB,27.03), propageer Elsabé Brits andermaal openlik die evolusieteorie.

Ek daag die ghoeroes van die evolusieteorie uit om die volgende verskynsels in terme van hul teorie te verklaar:

'n Plaasvrou in Zimbabwe werk in haar tuin toe 'n vreemde gevoel van onrus haar oorval. Sy is haastig huis toe, sluit die deure en begin bid. Algaande word sy rustig en hoor later 'n voertuig buite stilhou. Dit was lede van die weermag met enkele gevangenes by hulle.

Dié gevangenes vertel hulle wou die vrou en die plaashuis aanval, maar toe hulle op elke hoek van die huis 'n buitengewoon groot man, geklee in blinkwit klere en elk met 'n swaard in die hand, sien staan, het hulle gevlug en hulself aan 'n weermagpatrollie daar naby gaan oorgee.

Onlangs het Les en Liz (skuilname) en hul dogters (Engelssprekend), hier van Uitenhage, gebruiklikerwys aandgodsdiens gehou. In háár gebed vra een van die dogters die hand van veilige bewaring oor hulle vir die nag. Die volgende oggend vra Les se buurman of hulle die vorige nag enige probleme ervaar het. Natuurlik wou Les weet waarom dié vraag.

Die buurman vertel die vorige nag het sy hond onbedaarlik geblaf sodat hy genoodsaak was om te gaan kyk waaroor dié dringende geblaf. Hy het 'n buitengewoon groot man, geklee in blinkwit klere, net buite Les se erf sien staan met 'n blink voorwerp in sy hand. Les het hom glimlaggend verseker dat dit 'n engel was.

Evolusie-teoretici, sal julle dit asseblief vir ons verklaar?

Dié brief is gepubliseer in Die Burger (Oos-Kaap) van 31-03-2010.

Saturday, 30 January 2010

Polemiek dien doel van waarheidsoeke

Terblanche se brief,  "Waarheen lei hierdie polemiek?" (DB,26.01.2010), verwys. In sy artikel,  "Evolusie op skool   -   wat staan 'n Christenouer te doen?", onderskei André van Zyl vier standpunte aangaande evolusie-onderrig op skool : diegene wat die lewenswerklikheid dualisties in geloofs-  en sekulêre kompartemente verdeel en derhalwe sowel die Bybel as evolusie aanvaar ; diegene wat glo dat God hulle deur evolusie geskep het ; diegene wat glo aan God se direkte inmenging met die onstaan van lewe, dog ook die "bewyse" en uitsprake van die evolusionêre  "wetenskap"  aanvaar ; en dan diegene wat uitsluitlik die Bybelse weergawe van die skepping aanvaar.

Volgens hierdie standpunt-indeling kan Terblanche homself iewers plaas, so ook die teoloog Julian Müller, volgens die titel van sy omstrede artikel , "Jy kan wel geloof en evolusie omhels".

Dit staan elkeen vry om te glo wat hy wil en verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar. Die kerk kan egter nie daarop aanspraak maak dat dit die liggaam van Christus verteenwoordig indien dit gemelde vier standpunte kompromie-makend tegemoet probeer kom nie. Vele Christene verkeer vandag in 'n toestand van onsekere geloofsverwarring aangaande die evolusiegeloof wat as  "wetenskap"  paradeer. Oor een ding is ons egter baie seker : dit is dat om verwarring te saai, 'n Satanies uiters suksesvolle werktuig is. Ons moet ook vra of die Bybel steeds die enigste fondament vir of van die kerk is, en of dit nie reeds deur  The Origin of Species  vervang is nie. Vir seker kan albei nie dien as basis vir die Christendom nie.

Tot tyd en wyl die kerkleiding standpunt inneem alleen op grond van die Bybel, sal Christengelowiges verward bly. Hopelik kan hierdie  "polemiek"  ons lei in ons waarheidsoeke.

Friday, 22 January 2010

Evolusie-onderrig benut vir nasiebou

Die bydrae, "Evolusie is soos 'n 'gedagtebom' " (DB,22.01.2010), tot Brieweblad, verwys.

Evolusie-onderrig vind tans in staatskole plaas. Hoewel die evolusie-teorie aanwysbaar op geloofsgronde berus   -   die evolusiegeloof   -   word dit vir kinders voorgehou as onbetwisbare  "wetenskap".

Die ANC-onderwysowerheid dra hiermee 'n  "wetenskaplike, waardevrye en neutrale"  mens-  en wêreldbeskouing die skool en klaskamer binne met die invoering van die evolusieleer rustende op  "wetenskap". Van dié  "wetenskap"  sê prof. Philip Johnson van die Regsfakulteit van die Universiteit van Kalifornië dat vir evolusie-aanhangers  "...it is better to put up with a lot of bad science than to allow a Divine Foot in the door."

Weens die multi-religieuse samestelling van ons samelewing kan godsdiens   -   wat kwansuis op  "anti-wetenskaplike gevoel"  berus   -   nie nasiebou bevorder nie. Nasiebou word wel deur die  "neutrale wetenskap"  (evolusie-teorie) gedien waaromtrent ons dan glo almal sou saamstem. Dit is egter nié waar nie!

Ons kinders loop die ernstige gevaar om indoktrinerend gebreinspoel te word tot die aanvaarding van die ateïstiese evolusieleer, onderrig as onbetwisbare  "waarheid".

Die verskuilde boodskap in evolusie-skoolhandboeke is : die mens het oor biljoene jare  uit materie geëvolueer; hy is in wese 'n dier; hy het geen transendentale herkoms óf bestemming nie, en, sou daar sprake wees van geestelike norme, is dit nie Bybels-van-oorsprong nie, maar 'n sinkretistiese mengsel vanuit alle  "geëvolueerde"  wêreldgodsdienste.

Deur die invoering van die evolusiegeloof in staatskole, het die ANC   -   vir nasiebou-doeleinde op  "wetenskap"-grondslag   -   gekies vir materialistiese ateïsme wat God Drieënig uit die harte en verstand van ons kinders moet verdryf. Mag ons passief toesien hoedat dié breinspoeling ons kinders na die verderf lei? (ngn)
                                                                                                                                         

Evolusie is soos 'n 'gedagtebom'

Jurie van den Heever se artikel,  "Die mens ondergaan steeds evolusie" (DB,16.01.2010), verwys. Diegene wat indringend nagelees het oor die evolusieleer sal saamstem met Pieter Pelser wat in sy boek , "Die Evolusie Illusie"  , die volgende sê :  "Evolusie is in wese niks minder as 'n berekende klap in die  'gesig'  van die Skepper nie."

Hal Lindsey verwys in sy boek , "Satan is springlewendig op die planeet aarde" , na die denkkonstruksies van mense soos Kant, Kierkegaard, Marx, Darwin en Freud as  "gedagtebomme"  met 'n geestelik vernietigende uitwerking op die ganse mensdom. Die Darwinistiese evolusiedenke is ongetwyfeld so 'n  "gedagtebom".

Wat het hierdie  "gedagtebom"  en die onlangse Haïti-aardskokke, gekenmerk deur grootskaalse lewensverlies, met mekaar in gemeen? Die antwoord is : verwoesting en dood   -   in laasgenoemde geval fisieke dood, en in eersgenoemde geval, geestelike dood.

Op 11 September 2001 het  3 000  Amerikaners in 'n aanval op New York gesterf waaroor die wêreldgemeenskap uiters geskok en verontwaardig was. Op dieselfde dag vind daar  4 500  aborsies in die VSA plaas, waaroor géén woord gerep word nie. Waarom nie?

Vir evolusioniste is die mens 'n  "geëvolueerde dier"  en nié Sy beelddraer en verteenwoordiger nie, en daarom mag van die  "ongewenstes"  ontslae geraak word. Oor die duisende sterftes in Haïti rou die wêreld, met reg, maar oor die stille  geestelike dood  wat Christenverbondskinders geleidelik in skole en klaskamers sterf vanweë evolusievergiftiging, word geswyg. Selfs ons kerk-  en geestelike leiers swyg soos die graf.

Is dit om híérdie leiers se nekke wat meulstene gehang moet word sodat hulle in die diepsee kan wegsink? (Matteus  18:6)

Friday, 16 October 2009

Evolusieleer die groter gevaar

Die versoek  "Kerke moet verbruikerskultuur striem" (DB,08.10.2009), is deur 'n UWK-teoloog op 'n teologiese konferensie in Pretoria tot die kerk gerig. Dié teologiese voordrag word gekenmerk deur groot kommer oor die "koolstofvoetspoor" wat die (materiële) aarde bedreig.

Maar wat van die verwoestende effek van die Luciferiese voetspoor in ons samelewing soos tans ook ingedra in skole deur midel van evolusie-onderrig?

Pieter Pelser sê in sy boek, The Hoax of Darwinism and the African Eve   -   A Challenge to the Minister of Education : "...the aim of evolutionary teaching is pure materialism...(and) to banish God from the minds of our children." Hy vra die minister om te verduidelik waarom daar besluit is  "...to build our national system of education on a lie."

Is Pelser se vraag dan nie 'n vraag wat ons kan verwag teoloë en die kerk behoort te vra nie? Hoe verdienstelik ook al die koolstofvoetspoor-argument, kan dit nooit opweeg teen kinders se geestelike welsyn nie.  Verteenwoordig die UWK-teoloog se oproep op die kerk moontlik net 'n aardse en horisontalistiese ingesteldheid?

Saturday, 26 September 2009

Christenjuriste tot ouers se redding?

George Claassen se ateïstiese intimidering van Christelik-georiënteerde skole herinner aan Jan F.E.Celliers se gedig,  "Die Kampsuster", wat begin met : "Suster Anna, ek voel dis die dood wat kom." Die doodsklok het inderdaad begin lui vir Christelike godsdiens-onderrig op skool. Vérsiendes onder ons het dit sien kom.

In 1963 het dié klok vir Amerikaanse skole gelui. Die Christelike moes éérs plek maak vir die humanisme en daarná vir die evolusionisme, albei ateïsties.

Die humanis, Jeremy Rifkin, sê : "We are the architects of the universe. We are the kingdom, the power and the glory, forever and ever."

Die evolusionis Steven Jay Gould trek die lyn deur na rassisme en sê : "Biological arguments for racism may have been common before 1850, but they increased by order of magnitude following the acceptance of evolutionary theory."

Voordat die kommunisme suksesvol gevestig kan word, moet die ateïstiese evolusionisme vooraf gevestig word. Kommunisme vind nie maklik ingang in 'n samelewing wat in 'n Skeppergod glo nie.

Claassen wil hê dat Darwin vir Christus in die klaskamer vervang. Vir Christene wag daar ongetwyfeld 'n stryd om lewe en dood in die klaskamer. Wat beoog predikante en die kerklike strukture om hieromtrent te doen?

Dit is 'n stryd wat hoofsaaklik in geregshowe gevoer gaan word. Sal Christenregsgeleerdes tot ouers se redding kan kom?

Monday, 3 August 2009

Wié glo jy?

Op 1 April 2007 lewer George Claassen, president van Sceptic South Africa, 'n voordrag: "Geen rede om meer in 'n god te glo nie", by die KKNK (Klein-Karoo Nasionale Kunstefees). Hy sê: "...daar is geen enkele rede om vandag nog te glo of te moet glo nie. Daarvoor het die wetenskap sedert Copernicus...Galileo...(en) Darwin...vandag te verdoemend die sprokies wat in die Bybel...voorkom, finaal nek omgedraai." (Sien Lukas 18:8b)

Vir Claassen is geloof en rede onversoenbaar, en is "...wetenskaplike bevindings en rasionaliteit die enigste meganisme om te oorleef in 'n heelal...waarin God...darem te dêm stil is wanneer die mens hom of haar die nodigste het." (God dalk ook 'n "haar" volgens Claassen? Het Jesus dan nie na Hom as "Vader" verwys nie?)

Voorts beweer Claassen: "...dit is Darwin wat die skeppende godheidsgedagte in die 19de eeu sy eerste ernstige kopskoot gegee het   -   'n wond wat daarna stelselmatig deur die openbaringe van moderne genetika septies geword en uiteindelik tot die dood van die Ewige Lewe-verwagting sal lei."

Ateïsme neem internasionaal vinnig toe, veral onder natuurwetenskaplikes en "...veral toe Darwin se evolusieteorie nuwe lewe begin kry het", aldus Claassen. Vanaf 1914 tot vandag het natuurwetenskaplikes se geloof in God Drieënig vanaf 30% tot 10% gedaal.

Prof. Julian Müller, bekende teoloog, sê in 'n artikel, Jy kan wel geloof en evolusie omhels: "Dit word onmoontlik om in 'n God te glo wat in ses dae alles geskep het, én ook die evolusieteorie te aanvaar." Jy glo óf die Bybel, óf die evolusieteorie "...wat van jou 'n ateïs maak." Hy noem dit egter 'n "oorvereenvoudigde keuse" wat berus op " 'n verkeerde verstaan en interpretasie van die Bybel", want die Bybel moet ook onderwerp word aan "kritiese, wetenskaplike denke...so kan Calvinisme en Darwinisme...in dieselfde asem genoem word." Regtig?

Wie besluit jy om te glo   -   Claassen of Müller? Wat myself betref, nie een van die twee nie, maar wel vir Paulus wat vir Timoteus gesê het: "...bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo." (2 Timoteus 3:14-15)  (ngn)


Friday, 26 June 2009

Moord om evolusie te bewys?

Elke mens staan voor dié vrae : Wie is ek? Waar kom ek vandaan? Wat is my eindbestemming? Dit word beantwoord deur verbandhoudende filosofiese agtergrondsvrae : Wat is werklik? (Aangaande mens en wêreld.) Wat is waar? (Aangaande kennis as waarheidskennis.) Wat is goed? (Aangaande die lewenswaardevolle.)

Die is die wetenskapsfilosoof se taak om na aanleiding van dié vrae te sê wat  "wetenskap"  is. Vir die logies-positivistiese standpunt kwalifiseer wetenskap alleen wanneer dit aan die klinies-rasionele natuurwtenskaplike kriterium van verifikasie (waarheidsondersoek) kan voldoen. Die krities-rasionalistiese standpunt stel hierteenoor die kriterium van falsifikasie vir 'n wetenskaplike teorie. Hiervolgens kan 'n teorie   -   as verklaringsinstrument   -   nooit as volkome waar bewys word nie (soos wat die logies-positiviste glo), maar moet daar deur volgehoue ondersoek en navorsing gepoog word om dit te falsifieer.

Volgens die paradigma-standpunt word wetenskap binne onderskeibare paradigmatiese denkraamwerke beoefen, saamgestel uit paradigmaties-eie denkinstrumente soos konsepte, stellings, definisies, hipoteses, modelle en teorieë. Wetenskaplike paradigmas is dikwels onversoenbaar en wetenskaplikes selfs vyandig teenoor mekaar. Dit is juis die geval met evolusioniste en kreasioniste as wetenskaplikes. Dié paradigmas is onversoenbaar met mekaar. By nadere ondersoek blyk dit dat die evolusie-teorie nie aan die kriterium van verifikasie voldoen nie, en reeds deur die falsifikasie-kriterium as onwaar uitgewys is.

Hóé ver sal wetenskaplikes gaan om hul teorie te probeer bewys? Sal hulle selfs moord oorweeg? Die Australiese Aborigines is vroeër as diere beskou. In Racism in Australia : Creation ex nihilo (Maart 1996), word berig : "A...missionary was a horrified witness to the slaughter...of a group of Aboriginal men, women and children. Forty five heads were then boiled and the best skulls packed off for overseas."
Bestemming? 'n Evolusie-uitstalling in 'n Britse museum!