Die finale antwoord, in ons kompleks saamgestelde samelewingsomgewing, op die vraag waarom verkiesing na verkiesing telkens nie 'n beter regeerbedeling op al drie vlakke van regering vir Suid-Afrika meebring nie, bly ons steeds ontwyk. Die jongste tussenverkiesings bevestig dit.
Duidelik gaan 'n voorspelbaar ongeneesbare doofstomblindheid vir meriete en regeerbekwaamheid herhaaldelik as totaal onbelangrik by die kiesersmassa verby. Afrika-georiënteerde faktore soos sibbe, strydende faksies,nepotisme, geweld, intimidasie en kaderontplooiing blyk 'n rol te speel in die aanwysing van kandidate vir leiersposisies terwyl bevredigende dienslewering nie 'n prioriteit blyk te wees nie.
Ons word nimmereindigend feitlik daagliks getref deur die volgehou sikliese herhaling van infrastruktuur vernietigende protesaksies tussen strydende groepe en owerhede waaromtrent die vandaliste nie tot verantwoording geroep word nie Hierdie afwaartse spiraal van vernietiging na die bodemlose donker put hou Suid-Afrika se groei en ontwikkeling gyselaar en bied geen ontsnappingsroete daaruit nie.
Natuurlik het die protesgangers dikwels rede tot ontevredenheid wat direk uit onbekwame leierskap - deur die protesteerders self verkies - gebrekkige dienslewering en onvervulde beloftes spruit. Hierdie afwaarts volgehoue spiraal het 'n nasionale patroon geword. Dat kiesers nie besef dat, wat hulle kry, die resultaat van hul stemming is en daarom alternatiewe opsies oorweeg nie, gaan alle redelikheid te bowe.
Ten grondslag hiervan lê waarskynlik die volgende twee belangrike en oorkoepelende faktore, naamlik,die diepgevestigde Afrikakenmerk van solidariteit en 'n sterk anti-wit en -westerse sentiment.
Wie 'n oplossiing vir dié volgehoue wanfunksionele keusepraktyk van kiesers het, moet dit asseblief met ons almal deel.
(ngn)