Elke mens staan voor dié vrae : Wie is ek? Waar kom ek vandaan? Wat is my eindbestemming? Dit word beantwoord deur verbandhoudende filosofiese agtergrondsvrae : Wat is werklik? (Aangaande mens en wêreld.) Wat is waar? (Aangaande kennis as waarheidskennis.) Wat is goed? (Aangaande die lewenswaardevolle.)
Die is die wetenskapsfilosoof se taak om na aanleiding van dié vrae te sê wat "wetenskap" is. Vir die logies-positivistiese standpunt kwalifiseer wetenskap alleen wanneer dit aan die klinies-rasionele natuurwtenskaplike kriterium van verifikasie (waarheidsondersoek) kan voldoen. Die krities-rasionalistiese standpunt stel hierteenoor die kriterium van falsifikasie vir 'n wetenskaplike teorie. Hiervolgens kan 'n teorie - as verklaringsinstrument - nooit as volkome waar bewys word nie (soos wat die logies-positiviste glo), maar moet daar deur volgehoue ondersoek en navorsing gepoog word om dit te falsifieer.
Volgens die paradigma-standpunt word wetenskap binne onderskeibare paradigmatiese denkraamwerke beoefen, saamgestel uit paradigmaties-eie denkinstrumente soos konsepte, stellings, definisies, hipoteses, modelle en teorieë. Wetenskaplike paradigmas is dikwels onversoenbaar en wetenskaplikes selfs vyandig teenoor mekaar. Dit is juis die geval met evolusioniste en kreasioniste as wetenskaplikes. Dié paradigmas is onversoenbaar met mekaar. By nadere ondersoek blyk dit dat die evolusie-teorie nie aan die kriterium van verifikasie voldoen nie, en reeds deur die falsifikasie-kriterium as onwaar uitgewys is.
Hóé ver sal wetenskaplikes gaan om hul teorie te probeer bewys? Sal hulle selfs moord oorweeg? Die Australiese Aborigines is vroeër as diere beskou. In Racism in Australia : Creation ex nihilo (Maart 1996), word berig : "A...missionary was a horrified witness to the slaughter...of a group of Aboriginal men, women and children. Forty five heads were then boiled and the best skulls packed off for overseas."
Bestemming? 'n Evolusie-uitstalling in 'n Britse museum!