Sunday 6 September 2015

Nuwe tydsgees die leitmotiv vir SA

Dié dinge wat vandag in die wêreld gebeur, én ook in SA, kan toegeskryf word aan 'n telkens veranderde/-ende tydsgees. Hendrik Hart beweer in sy boek, "The Challenge of our Age", dat samelewings nog altyd deur 'n identifiseerbare tydsgees, as leitmotiv, gelei is/word. So word die Marxisme-Leninisme deur 'n Christen-vervolgende gees gelei.

Dr.Syd Hielema, teologie-professor aan die Dordt College in Iowa, VSA, beskou die identifisering, onderskeiding en beoordeling van enige samelewingsgees as uiters noodsaaklik. Die nalating daarvan beskou hy as gevaarlik.

Hoe moeilik kan dit dan wees om die huidige SA samelewingstydsgees te kan identifiseer aan die manifestasies daarvan soos geweld, misdaad, verkragtings, korrupsie, armoede, moord, werkloosheid, vandalisme, verval en agteruitgang? Dit is duidelik skerp te onderskei van die Bybelse "vrug van die Gees" (Gal.5:22-23) van liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. 

Die ANC se alomvattende transformasie inisiatiewe oorspoel SA soos 'n tsunamigolf, waaronder 'n getransformeerde tydsgees as nuwe leitmotiv vir sy NDR wat ons samelewing gans en al moet transformeer. Vanweë die ANC se leimotiv-geleide uitwissing van alle sosiale ongelykhede, mag die burgery dalk net uiteindelik egalitaries almal tot die bedelstand verlaag word.

Die ANC-leitmotiv het ook ten doel die vernietiging van bestaande instellings   -   soos skole en universiteite   -   se Christelike waardesbasisse in ooreenstemming met die sekulêre grondwet wat kommunisme akkommodeer. Het die minister van hoër onderwys se posisie as sekretaris-generaal van die SAKP dan géén implikasies vir ons universiteite se transformasie nie? Dit geld ook alle ministeriële portefeuljes waarvan die bekleërs lede van die SAKP is.         (ngn)






2 comments:

  1. Daar is 'n Engelse spreekwoord wat sê: "“God is a gentleman, and does not force Himself on anyone" - van dag een af in die "nuwe SA" was dit duidelik dat die Ware Lewende God soos ons Hom ken, nie welkom is nie - teensinnig is 'n enkele verwysing na "God" iewers as 'n nagedagte in die Grondwet ingevoeg. Afrikaanse Universiteite moes alle verwysings na 'n Christelike etos uit hul visie en missie verwyder ( dink maar aan NWU wat eers die PU vir CHO was) onsinnige reëlings soos dat daar 'n minuut gegee sou word vir enige een om "die godheid van sy/ haar keuse" te aanbid by die aanvang van vergaderings ( dus geen Skriflesing en gebed meer nie) - daar is te veel voorbeelde om almal op te noem. Ook in Esegiël lees ons dat die Gees van die Here die stad verlaat het, vanweë die aanbidding van al die gruwels. Nie verniet dat ons by die aanhef van die Tien gebooie hoor dat God 'n jaloerse God is nie!

    ReplyDelete
  2. Die teks in Esegiël:
    Eze 11:23 En die heerlikheid van die HERE het opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan op die berg wat oos van die stad lê.

    ReplyDelete