Toe bevolkingsgroepe, histories gesien, op verskillende ontwikkelingspeile mekaar ontmoet het, blyk dit dat die verder ontwikkeldes - ter wille van standaardebehoud - hulself teen die minder ontwikkeldes probeer beskerm het. In 1948 het die NP dit probeer doen deur 'n beleid van afsonderlike ontwikkeling, wêreldwyd volgehou apartheid genoem met doelbewuste negatiewe konnotasie.
Ek gesels met 'n afgetrede navorsingsassistent van 'n Australiese universiteitsprofessor. Sy vra my uit na toestande in SA. Sy deel haar persoonlike onrus waarmee sy die Aboriginees (A) se jongste gedrag in nasionale konteks waarneem. Hulle weier, byvoorbeeld, om die volkslied te sing, en vra my waarop dit sou dui. Dalk het die wyse waarop die A in die verlede deur die Australiese wittes behandel is iets daarmee te doen?
Daarop vertel sy van die groot onreg van die Australiërs teen die A gedurende die 19de en 20ste eeue toe eersgenoemdes laasgenoemdes se kinders by hulle weggeneem het en in of staatsweeshuise of in Katolieke sendinginrigtings geplaas het. A meisies moes dan met wit mans trou, en deur voortgesette ondertrouery moes die A-minderheid verdwyn binne die wit meerderheid. Rassisme in 'n erge graad. Was dit geslaag? Nee.
Ek vra haar of sy bewus is van die 45 A - in die 19de eeu deur Australiese polisie doodgeskiet, die koppe afgesny en gekook om hul skedels te kry - waarvan tien uitgesoek en na London gestuur is in 'n poging ter stawing van Charles Darwin se evolusieteorie. 'n Sendeling was 'n ooggetuie. Nee, sy weet dit nie.
Dubbele wêreld- en persstandaarde? Ongetwyfeld. Die wit Australiese meerderheid het egter heelwat vriende binne die sekulêr humanistiese en liberale Anglo-Amerikaanse omgewing. Daarteenoor het SA se minderheid wit protestantse christene weinig, indien enige.
Meerderhede kom dikwels weg met hul wandade teen en moord op minderhede. Daarvan is die nuwe SA een van die jongste voorbeelde.