Christi van der Westhuizen is by heelparty Afrikaners bekend vir haar fel kritiek teen hulle. Haar: "Afrikaner identity in post-apartheid SA remains stuck in whiteness", is tekenend daarvan.
Sy beweer dat Afrikaneridentiteit (Ai) na 1994 radikaal uitgedaag word, met haarself as 'n voorste uitdager. Maar waarom dan net Ai uitdagend uitsonder ? Wat ook van die ander SA identiteite?
Gesien deur haar "lens van ordentlikheid" - haar begrip vir die samehang van identiteits dimensies - is Ai vir haar egter van 'n minder "wit" aard as die identiteit van Engelssprekendes wat versterk word deur wêreldwye Anglo "witheid".
Sy sê Afrikaner "witheid" verskil paradoksaal van dié van die Engelse identiteit wat van 'n sosiale meerderwaardigheid getuig. Afrikaner teenstand teen laasgenoemde sou lei tot "volkstrots". Histories gesien, is sy korrek.
Dat sommige Afrikaners verengels, is ongelukkig waar. Sy beweer dat sodanige anglisering tot die versterking van Afrikaner "witheid" lei. Regtig? Behou sulke verengelsde Afrikaners steeds hul tipiese Ai ten spyte daarvan dat Afrikaans, 'n dimensie van Ai, deur Engels, 'n dimensie van die Engelse identiteit, vervang word?
Vir Van der Westhuizen behou verengelsde Afrikaners hul Ai en word diesulkes se "witheid" deur Engels versterk. Dus: in plaas daarvan om nie net "witheid" te transendeer nie, maar ook ras en rassisme (wat 'n bevooroordeeldheid), word Afrikaner "witheid" egter deur verengelsing versterk.
Bemoeienis met ander se identiteit om dit te wil beoordeel, en selfs te wil voorskryf, pas ons nie. Eie identiteitsvorming is deel van ons menseregte. Nee, laat ons waak teen beterweterige veroordeling van identiteite wat ons nie aanstaan nie. Respekteer liewer alle mense, ook wit Afrikaners se "volkstrots" as 'n dimensie van hul Ai - soortgelyk aan "etniese trots" aanwesig ook by ander groepsidentiteite - se grondwetlik demokratiese reg op eie identiteitsvorming.