Monday 2 September 2013

SA media gaan selektief om met waarheid

"Beeld" (30.08) berig oor 'n UP-filosofiedosent, dr. Louise Mabille, wat in 'n skrywe die vraag gevra het "waarom babaverkragting 'n kulturele fenomeen onder die swart bevolkingsgroepe is". Dr. Piet Croucamp, 'n UJ-dosent, bekend vir sy deelname aan "SABC"-debatvoeringe, beskuldig Mabille   -   in 'n beswaarmakende skrywe aan die UP   -   van "blatante rassisme en haatspraak". Mabille het bedank en vertrek binnekort na die buiteland. Indien dit wat Mabille beweer akademies-getoets waar is, intimideer Croucamp haar dan  nie? Kan hy bewyse aanvoer tot die teendeel?

Liewe genugtig! Sodra iets gesê/geskryf word wat feitelik waar is aangaande énige rassegroep wat as sodanig bewysbaar is, dan word die rassisme/haatspraak-kaart uitgepluk. Só sal ons nooit van dié euwel ontslae raak nie. Is dit rassisme/haatspraak om te rapporteer wanneer 'n swart/wit persoon 'n wit/swart persoon vermoor het terwyl dit met 'n hofuitspraak bewysbaar is? Bevorder media-verswyging nie die euwel van rassisme/haatspraak nie? Wie se belange word só gedien: die SA-burgers s'n, of die ANC?

Waarom moet SA-burgers via die buitelandse nuusmedia, soos vanuit die VSA, verneem van 69 aanvalle, 101 slagoffers, 20 moorde en 20 plaasaanvalle op wittes  vanaf 1 tot 31 Mei vanjaar, terwyl dit deur die SA-media verswyg word? Dit is mos duidelik agterdogwekkend.

Ons weet lank reeds dat, veral die Afrikaanstalige media, intern gemuilband word, 'n mediagedragstipe wat aan die Goebbels-era van die Duitse Nazi-bewind herinner. Hoeveel joernaliste, wat ook maar hul taak om den brode uitvoer, se taak word nie hierdeur striemend bemoeilik nie? Hulle moet hul taak uitvoer volgens opdragte afkomstig van die mediabase en  -magnate wat die heersende SA-beeld bepaal en voorskryf volgens 'n versweë agenda. Die media vertolk en hanteer daarom sekere waarhede selektief as "ongevoelig" teenoor sekere persone en/of groepe in SA. Dr.Mabille is 'n slagoffer daarvan.           (ngn)




2 comments:

  1. AMEN! op jou skrywe Tommie. Selfs 'n blinde sal dit met 'n stok kan aanvoel.

    ReplyDelete
  2. In aansluiting by jou plasing Tommie, in BEELD vandag, hier:
    http://www.beeld.com/opinie/2013-09-02-brief-croucamp-laat-uitlating-riskanter-lyk


    Johann Botha van Johannesburg skryf
    Maandag 02 September 2013
    Dr. Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg het verlede week ’n klag van haatspraak aanhangig gemaak teen ’n voormalige filosofiedosent van Tuks oor ’n vermeende rassistiese uitlating wat sy in haar persoonlike hoedanigheid in ’n Praag-rubriek oor feminisme gemaak het.
    Ongetwyfeld is daar geen regverdiging vir rassisme en haatspraak nie, en klaarblyklik wil dit voorkom of Croucamp se klag ’n poging is om dit te bekamp. Tog is sy “edele” motiewe en sy hantering van die saak myns insiens nie bo verdenking nie.
    In ’n TV-onderhoud met eNuus beweer Croucamp dat die filosoof in haar rubriek nie net aanvoer dat babaverkragting ’n kulturele fenomeen onder swart bevolkingsgroepe is nie, maar dat swart mense verder “geneties” geneig is daartoe. Die bewering van ’n “genetiese geneigdheid” kom geensins in die artikel voor nie en word ook nie deur die artikelkonteks gesuggereer nie.
    Deur sy onakkurate bewering dig Croucamp dus ’n veel gevaarliker interpretasie aan die filosoof se debatteerbare woorde toe en verhef die uitlating gevolglik tot iets veel meer inflammatories, ’n aksie wat ironies genoeg in die rassensitiewe Suid-Afrikaanse samelewing veel eerder kan bydra tot polarisasie as die bekamping daarvan.
    Dit op sigself is onverantwoordelik en onprofessioneel, maar die haas waarmee hy die eNuus-span gekontak het insake sy klagte wil dit verder laat blyk dat hy duidelik ’n breër reaksie wou uitlok as ’n blote versekering van die UP-bestuur dat sy klag bevredigend hanteer sou word.
    Voeg daarby die feit dat Croucamp reeds ’n geruime tyd in ’n oënskynlike woordestryd met Praag gewikkel is, wil dit vir my voorkom of hy eerder die man (vrou?) as die bal speel en dit, alles in ag genome, reflekteer negatief op sy eie integriteit.

    ReplyDelete