Thursday 28 April 2016

SABC, "His Master's Voice", beheer 7de Laan

Retha (DB,27.04) sê 7de Laan is " 'n grillerige gemors" en vra daaropvolgend: "Wie is die beplanners van sulke siek platvloersheid? Hoekom is die slegte karakters hoofsaaklik wit mense? Aanvaar ons dit maar as die norm?"

In 'n "tvplus"-uitgawe (30.03-12.04) word in 'n artikel, "Sepie-opskuddings", lig gewerp op sommige van Retha se vrae. Die volgende is van die belangrikste:
1. Daar is "groot veranderings in die aard en fokus van sepies" aangebring.
2. 7de Laan se kykertal het vanaf 2.3 miljoen kykers in Maart 2007 gedaal tot 881 000 einde      
    Desember 2015. 
3. Nie net moet 7de Laan "nuwe kykers" vind nie, maar wel ook "die regte soort kykers".
4. "Die SABC het die finale sê in wie daardie kykers is, en hoe dit sal gebeur...in feitlik elke aspek...
    van die spelerlys tot die goedkeuring van storielyne."
5. "Die meeste van die geld wat die SABC kry, kom van adverteerders...(daarom) moet TV 
    aantreklik wees vir 'n jong gehoor wat koopkrag het en graag koop."
6. Die SABC-bestuur het "verreikende veranderings aan 7de Laan gelas... (soos) meer 'nie-wit',
    nie-Afrikaanssprekende karakters...(en) aanstel van swart skrywers (vir)...storielyne."
7. Dit lyk ook of 7de Laan "na donkerder, gewelddadiger storielyne mik", vandaar die PG13-
    waarskuwings.
8. Dit wil voorkom of "7de Laan vasgevang is in 'n situasie waar die waardes van sy kerngehoor 
    teenstrydig is met die waardes van die nuwe gehoor wat dit probeer lok."

Uit dié artikel word dit duidelik dat die SABC, His Master's Voice van die ANC, nou in volle beheer van dié getransformeerde sepie, en streng voorskriftelik daaromtrent, is. Met dié vermaaklikheids-vryheidontnemende dwangoplegging, word kykers uitgelewer aan breinspoelende indoktrinasie van regeringsweë   -   'n diktatoriale kenmerk.




1 comment:

  1. Baie dankie Tommie - die stuk in TV Plus het juis verskyn toe ek en my man ons verwonder het aan die gedaanteverwisseling wat 7de Laan so gaandeweg plaasgevind het. Hy is mal oor blokraaisels soos die wat in die TV Plus is, en so kry ons dan ook 'n vooruitkyk na wat gaan gebeur! Jy is reg: soos op ELKE terrein word daar beheer uitgeoefen deur die ANC en wil hulle op elke plek die wittes uitwerk.

    ReplyDelete