Monday, 28 December 2020
Versoening? Ja, maar teen watter prys?
Monday, 14 December 2020
Militêre strateeg se mening hier nodig
Danie Theron (12.12) se skrywe het betrekking. Ek bevraagteken die billikheid van sy kritiek op die Boere se guerillastryd daarin.
Dalk nie so bedoel nie, vind ek sy skrywe onsimpatiek, kwetsend en onsensitief teenoor ons Boerekrygers wat goed en bloed, in 'n ongelyke stryd teen 'n Britse oormag, ter wille van volksvryheid opgeoffer het, al sou dit ook guerillataktiek insluit.
Beskik Theron oor strategiese militêre kennis om die Boere se guerillataktiek gesaghebbend te kan beoordeel, of is hy 'n leunstoel kritikus? Sy "geploetery" van die Boere as "avonturiers" is onvanpas. Etiketteer ons dan diegene wat vir volksvryheid sterf as "avonturiers"?
Theron beweer "Paul Kruger (het) in Switserland aan sy pyp sit en suig" terwyl honderde kinders in konsentrasiekampe gesterf het. Ek vind hierin 'n gebrek aan respek vir 'n heroïese figuur wat as die simbool van Afrikanernasionalisme - opponerende Britse imperiialiste soos Rhodes, Jameson en Milner - beskou word.
Dit was juis dikwels die Afrikanervroue en -moeders van sterwende kinders wat hul mans aangemoedig het om die vryheidstryd op die slagveld vol te hou, hul onbeskryflike ontberinge en lyding in die konsentrasiekampe ten spyt. Ons eer die nagedagtenis van dié dapper Afrikanervroue en -moeders.
Ek distansieer my van Theron se mening, en verlaat my veel eerder op die mening van 'n ervare militêre strateeg wat objektief na die totaliteit van omstandighede tydens die ABO kan kyk, en 'n gebalanseerde en gesaghebbende oordeel oor die Boere se guerillastryd kan vel.
Wednesday, 9 December 2020
Bomenslike uitdagings aan ons gestel
Wednesday, 2 December 2020
Rassisme ingespan in ANC belang
Apartheid, dikwels as valse verskoning vir ANC-mislukkings voorgehou, is uitgedien en deur rassisme vervang om as jongste strategiese wapen aangewend te word.
Vals in sy kwasi-bestryding van rassisme, slaan die ANC eensydig blitsvinnig toe op die geringste aanduiding van wit rassisme - gepaardgaande met swaar strafoplegging - terwyl die ANC self, in totale ontkenning van swart rassisme, blind is vir laasgenoemde.
Selfaangestelde rassisme polisieëerders, soos Julius Malema, is van die grootste haatstokende rassiste, dog onaantasbaar, want wit beteken rassisties en swart nie-rassisties, 'n leuen wat onbeskaamde steun geniet.
Selfs vanuit 'n geestelike oord hou aartsbiskop Thabo Makgoba wit Brackenfell-ouers verantwoordelik vir dié, moedswilliglik EFF-rasgestempelde, insident. Selfs rasbewuste pres. Ramaphosa vind dit nodig om kommentaar daarop te lewer.
Ons nasionale rasatmosfeer is sodanig spanning belaaid dat, sou ons dit waag om te verneem na die statistieke oor die samestelling van gevangenes in tronke, wie geweld teen vrouens en kinders pleeg, wie ekonomies saboterende vandalisme pleeg - en dergelike negatiewe samelewingsverskynsels - ons onmiddellik van rassisme beskuldig en aan vervolging blootgestel sal wees. Dié rassewaarheid moet verswyg word.
Die hou van 'n nasionale debat oor rassisme lyk by voorbaat doodgebore te wees waaruit niks konstruktiefs kan kom nie. Met 'n eensydige getalle-oorwig aan sy kant, sal die ANC-stem die deuslaggewende wees, 'n geval van: as die ANC-baas praat, moet klaas burger luister.
Alvorens swart leiers nie tot die realistiese erkenning kom dat alle mense geneig is tot rassisme nie, gaan die telkens opvlammende rassekonflik in belang van die ANC bly voortduur.