Apartheid, dikwels as valse verskoning vir ANC-mislukkings voorgehou, is uitgedien en deur rassisme vervang om as jongste strategiese wapen aangewend te word.
Vals in sy kwasi-bestryding van rassisme, slaan die ANC eensydig blitsvinnig toe op die geringste aanduiding van wit rassisme - gepaardgaande met swaar strafoplegging - terwyl die ANC self, in totale ontkenning van swart rassisme, blind is vir laasgenoemde.
Selfaangestelde rassisme polisieëerders, soos Julius Malema, is van die grootste haatstokende rassiste, dog onaantasbaar, want wit beteken rassisties en swart nie-rassisties, 'n leuen wat onbeskaamde steun geniet.
Selfs vanuit 'n geestelike oord hou aartsbiskop Thabo Makgoba wit Brackenfell-ouers verantwoordelik vir dié, moedswilliglik EFF-rasgestempelde, insident. Selfs rasbewuste pres. Ramaphosa vind dit nodig om kommentaar daarop te lewer.
Ons nasionale rasatmosfeer is sodanig spanning belaaid dat, sou ons dit waag om te verneem na die statistieke oor die samestelling van gevangenes in tronke, wie geweld teen vrouens en kinders pleeg, wie ekonomies saboterende vandalisme pleeg - en dergelike negatiewe samelewingsverskynsels - ons onmiddellik van rassisme beskuldig en aan vervolging blootgestel sal wees. Dié rassewaarheid moet verswyg word.
Die hou van 'n nasionale debat oor rassisme lyk by voorbaat doodgebore te wees waaruit niks konstruktiefs kan kom nie. Met 'n eensydige getalle-oorwig aan sy kant, sal die ANC-stem die deuslaggewende wees, 'n geval van: as die ANC-baas praat, moet klaas burger luister.
Alvorens swart leiers nie tot die realistiese erkenning kom dat alle mense geneig is tot rassisme nie, gaan die telkens opvlammende rassekonflik in belang van die ANC bly voortduur.
No comments:
Post a Comment