Pleknaamveranderinge, faset van die ANC se sielkundige Afrikaniseringsoffensief, waarsku ons bewusmakend tot tydige besinning oor die strategie van na-oorlogse dekolonialisering.
Eersvolgende geslagte gaan die toekoms onseker tegemoet indien sonder kennis van hul herkoms, sowel as van hul voorsate se bydraes tot die opbou en ontwikkeling van Suid-Afrika (SA). Verbreking van die band tussen herkoms en toekoms is vernietigend. Die ANC weet dit wel deeglik.
Op ons eie historiese SA-pad van byna 370 jaar is daar talle onderskeibare historiese bakens. Afrikanisering is ingestel op die vernietiging van hierdie bakens soos, byvoorbeeld, die Afrikaanse taal en ons volks- en kultuurgeskiedenis as bakens van ons identiteit.
Vernietiging van gemelde bakens bespoedig identiteitstransformasie tot die gemene identiteitsdeler van Afrikaanskap. Vind daar nie 'n merkbaar geleidelik vrywillige verskuiwing van identiteit by sommige reeds gedeeltelik getransformeerdes plaas nie? Is ons nog trots op, en heg ons nog waarde aan, ons oorgeërfde identiteit?
'n Kritieke tyd om identiteitsbehoud lê voor. Sing ons steeds Afrikaners is plesierig met derduisende identiteitsgenote reeds oorsee? Ons moet waak teen 'n toekoms waarbinne ons unieke andersheid genivelleer word tot verbeeldinglose eendersheid. Gedy of taan Afrikaanse kultuurorganisasies sedert 1994?
Liefde vir die eie en die bewaring daarvan is geen oortreding nie. Enige groepering se toekoms word geassosieer met hul jeug. Waar staan ons jeug met betrekking tot hul passie vir identiteitshandhawing?
Identiteitsoordrag is deel van ouers se natuurlike en spontane kultuur- aan hul kinders. Gaan ouers hul kinders nog voor in standpunt- en voorbeeldstelling oor identiteitshandhawing?
No comments:
Post a Comment