"Beeld" (30.08) berig oor 'n UP-filosofiedosent, dr. Louise Mabille, wat in 'n skrywe die vraag gevra het "waarom babaverkragting 'n kulturele fenomeen onder die swart bevolkingsgroepe is". Dr. Piet Croucamp, 'n UJ-dosent, bekend vir sy deelname aan "SABC"-debatvoeringe, beskuldig Mabille - in 'n beswaarmakende skrywe aan die UP - van "blatante rassisme en haatspraak". Mabille het bedank en vertrek binnekort na die buiteland. Indien dit wat Mabille beweer akademies-getoets waar is, intimideer Croucamp haar dan nie? Kan hy bewyse aanvoer tot die teendeel?
Liewe genugtig! Sodra iets gesê/geskryf word wat feitelik waar is aangaande énige rassegroep wat as sodanig bewysbaar is, dan word die rassisme/haatspraak-kaart uitgepluk. Só sal ons nooit van dié euwel ontslae raak nie. Is dit rassisme/haatspraak om te rapporteer wanneer 'n swart/wit persoon 'n wit/swart persoon vermoor het terwyl dit met 'n hofuitspraak bewysbaar is? Bevorder media-verswyging nie die euwel van rassisme/haatspraak nie? Wie se belange word só gedien: die SA-burgers s'n, of die ANC?
Waarom moet SA-burgers via die buitelandse nuusmedia, soos vanuit die VSA, verneem van 69 aanvalle, 101 slagoffers, 20 moorde en 20 plaasaanvalle op wittes vanaf 1 tot 31 Mei vanjaar, terwyl dit deur die SA-media verswyg word? Dit is mos duidelik agterdogwekkend.
Ons weet lank reeds dat, veral die Afrikaanstalige media, intern gemuilband word, 'n mediagedragstipe wat aan die Goebbels-era van die Duitse Nazi-bewind herinner. Hoeveel joernaliste, wat ook maar hul taak om den brode uitvoer, se taak word nie hierdeur striemend bemoeilik nie? Hulle moet hul taak uitvoer volgens opdragte afkomstig van die mediabase en -magnate wat die heersende SA-beeld bepaal en voorskryf volgens 'n versweë agenda. Die media vertolk en hanteer daarom sekere waarhede selektief as "ongevoelig" teenoor sekere persone en/of groepe in SA. Dr.Mabille is 'n slagoffer daarvan. (ngn)