Wednesday 21 October 2020

Behou nugter denke en vermy woedelokvalle




Mense is omgekrap, sommige kwaad, ander woedend. Redes verskil, so ook die vrag van die woedebagasie aanleidend tot die emosionele verhitting van die nasionale woedetemperatuur.

Met Julius Malema as verpersoonliking van swart woede, baat sy EFF daarby. Malema beweer witmense is besoekers aan Suid-Afrika (toegelaat met EFF-visums?)  en moet hulle daarvolgens gedra  -  'n onbesonne woede-uitspraak.

Die ANC blyk die grootste regstreekse oorsaak van die woedebron vir baie Suid-Afrikaners te wees, met die residuele woede van die historiese verlede bydraend daartoe. Alles tot rassekwessie gemaak deur die ANC, laat  -wrywing toeneem wat die vonk vir  -woede verskaf.

Die in hulself gefrustreerdes skop woedeverplasend die hond; so ook deur die blaam vir eie tekortkominge en mislukking na ander te verskuif. Soos 'n gevegshond aan 'n leiband, pas EFF-woede die ANC-revolusie soos 'n handskoen.

Nie alleen bied die media 'n EFF-platform vir plaaslike sowel as buitelandse steunwerwing nie, maar ook vir valse propaganda soos dat wit boere gronddiewe is.

Mag ons vra of Malema en EFF gewelddadige optredes, dreigemente en haatspraak dan nie 'n ernstige bedreiging inhou vir burgerlike en staatsveiligheid nie en,  derhalwe, as 'n strafbare vorm van terreur/terrorisme beoordeel moet word nie?

Malema se strategies berekende woedespel, soos gespeel by Clickswinkels en Senekal, moet nie onderskat word nie. Verlies aan nugter denke en selfbeheersing, vanweĂ« emosionele oorreaksie, leen sigself om in gevaarlike woedelokvalle te kan beland.



No comments:

Post a Comment