Monday, 5 May 2014

Ons almal begaan soms oordeelsfoute

Na 'n halfuur se wag in die kliëntetou van 'n plaaslike handelsbank, staan ek heel voor. Vanuit die niet posisioneer 'n nie-toustaner hom meteens agter 'n kliënt wat nog bedien word. Ek vra (in Engels) vanwaar hy kom; geen antwoord. Ek herhaal my vraag; geen antwoord, waarop ek sê: "Sir, you are jumping the line." Is ek die bankbestuurder, wil hy by my weet. Onnadenkend eggo ek dieselfde vraag waarop hy antwoord dat hy wel die bankbestuurder is (onwaar). Ek herhaal my: "Sir, you are jumping the line", waarop hy reageer met "apartheid!, apartheid!, apartheid!"

Buite gekom, wag dié "line jumper" my in en begroet my dadelik met sy apartheidsrefrein. Kan ons dan nie op 'n vriendelike wyse praat oor dié voorval nie? Sy apartheidsobsessie maak hom ontoeganklik vir redevoering. Ek keer my rug op hom en loop.

Baie duidelik is hierdie voorval 'n "slegte storie", maar, soos ons weet, het ons die keuse of ons deel van die probleem of deel van die oplossing wil wees. Ek gaan weer die bank binne en kom, deur die veiligheidswag, by die bestuurderes uit. Ek vertel van die voorval, nie om te kla nie, maar op soek na 'n oplossingsmeganisme vir die toekoms. Beide verseker my dat hulle heelwat probleme ervaar met soortgelyke kliënte. In geval van 'n toekomstige probleem   -   soos die gemelde voorval   -   moet die aandag van 'n bank- of vloerbeampte getrek en enige ongerymdheid onder dié se aandag gebring word vir verdere hantering.

Hierdie "slegte storie" weerlê Petrus se stelling: "Miskien moet dr. Breitenbach uit sy gemaksone, waar hy 'n goeie storie elke dag van sy lewe beleef, beweeg..." (DB,29.04).  Petrus, jou gewaardeerde verskoning (DB,03.05) word sonder kwade gevoelens aanvaar. Dankie. Ons almal begaan soms oordeelsfoute.     (ngn)




1 comment:

  1. Tommie, ons moet onthou jou "line-jumper" en ons kom uit gans verskillende wêrelde. Praktiese illustrasie: my twee oudste dogters kuier in die week by ons, een van Betlehem, die ander van Tzaneen. Albei vertel van onlangse gebeure waar "rassisme" ter sprake was, en ons mede-landgenote uit heel verskillende dele van die land, weet te vertel dat swart mense onder geen omstandighede rassiste kan wees nie.... My laaste 20 werksjare was in "swart" onderwys in Limpopo, en veral na '94 was hierdie tipe "eie-geregtigheid" ( Eng. "entitlement" ) baie sigbaar.

    ReplyDelete