Monday 27 April 2015

Hoe reageer wittes op dié beskuldigings?

Jacob Zuma se beskuldiging dat die koms van Jan van Riebeeck die oorsaak van al SA se probleme is, asook swartes se aanklag dat wittes hul grond gesteel het, het die potensiaal om 'n vonk in die rassensitiewe SA-kruitvat te kan word. Beide beskuldigings kan nie ligtelik opgeneem word nie.

Mag wittes, op konstitusionele gronde, aanstoot neem en ontsteld wees oor dié beskuldigings? Nee, hoegenaamd nie, sal die polities-korrek geïndoktineerdes antwoord. Selfs dubbele standaarde word later aanvaarbaar. Voorbeeld: belet Steve Hofmeyr die KKNK vir sy sing van Die Stem, maar kyk ander pad sou Zuma, as Zoeloe, nie sy koning en sy eie seun   -   vir hul aanleidende opmerkings tot xenofobie, wat tot grootskaalse ontwrigting, lewensverlies en diplomatieke krisis sou lei   -   tot verantwoording roep nie. 

Verder ook: sou dit wat Zuma van Van Riebeeck beweer, op die nie-geweldafswerende Mandela van toepassing gemaak word en sodoende beweer word hy die oorsaak is van al SA se probleme   -   die een bewering so geklik soos die ander   -   sal op laasgenoemde met hewige kritiek, indien nie met geweld, gereageer word, terwyl die Zumabewering met polities-korrekte gelatenheid aanvaar word. 

Synde sinnebeeldig van die koms van wittes na SA, was Van Riebeeck egter nie 'n koloniseerder na die mate wat die Engelse dit sedert 1806 was nie. Gedryf deur hul sterk vryheids-  en onafhanklikheidsdrang, het wit Afrikaners pad gegee van dié verknegtende Britse kolonialisme, die binneland in getrek waar hulle hul eie onafhanklike republieke   -   nie kolonies nie   -   gestig en verdedig het as republikeine; nie as koloniste nie.

Indien wittes dan swartes se grond sou gesteel het, waarom hulle nie by die Internasionale Geregshof aankla nie? Maak net eers seker dat daar oor voldoende onweerlegbare bewyse van alleenaanspraakmakende SA-grondeienaarskap beskik word. Wees konsekwent en kla ook die wittes van die VSA, Kanada, Australië en Nieu-Seeland vir dieselfde "oortreding" aan as "grondgrypers", wat met hul wes-europese kennis en vaardighede die lewenskwaliteit en lot van die inheemse bewoners aansienlik verbeter het, dog geen erkenning daarvoor ontvang nie.

Hoe reageer wittes op dié kwaadwillig destruktiewe beskuldigings in 'n rassensitiewe SA?




1 comment:

  1. Dit word al hoe erger Tommie, nou is hulle glo van kop tot toon "siek" weens apartheid! ( Lees hier, Zuma se "Vryheids"-dag toespraak gister:


    http://www.iol.co.za/news/politics/apartheid-left-sa-a-sick-nation-zuma-1.1850779#.VT8fcfAgbRU
    Die ANC is geestelik en moreel bankrot, en kan geen logiese regverdiging kry om aan te gaan met die sg. "struggle" nie, nou speel hulle met hul onderdane se emosies om hul op te sweep met die oog op 2016 se verkiesings want die ANC is desperaat vir stemme. Waar westerse lande die toekoms inkyk om slagspreuke te kry vir hul veldtogte, bly die Afrika-mens "agtertoe" kyk. Dis deel van hul wêreldbeskouing.

    ReplyDelete