Agting vir die ander spruit uit selfagting. Dit geld ook ons agting vir die taleverskeidenheid. Respekteer ek my moedertaal, respekteer ek ook dié van ander. Die ANC-regime blyk nie oor genoegsame interne taalrespek te beskik nie; vandaar sy minagting vir Afrikaans as 'n grondwetlik erkende amptelike landstaal.
Waarom dié bewering? In 2010 het 'n ANC-minister 'n verklaring van voorneme om samewerking as lid van die Nederlandse Taalunie - 'n verdragsorganisasie waarvan Nederland, Vlaandere en Suriname ook lede is - tydens die dertigjarige bestaansviering van dié Unie te Brussel onderteken.
Sedert 2010 is niks weer van S.A. (lees ANC) verneem nie. Géén reaksie is op skrywes van die Nederlandse Taalunie ontvang nie. S.A. het géén belangstelling in enige vorm van samewerking getoon nie. Nou, egter, het S.A. (ANC) sy spyt uitgespreek oor sy 2010-onderneming en het hy hom onttrek aan die Nederlandse Taalunie.
Martin Bosma, 'n Nederlandse woordvoerder, sê hiervan: "De Zuid-Afrikaanse regering heeft geen enkele belangstelling voor het Afrikaans. Het regime staat met zijn rug naar deze taal, alle vrome praatjes over zijn liefde voor de elf officiële talen ten spijt. Het was veelzeggend dat de Zuid-Afrikaanse minister die in 2010 zijn handtekening kwam zetten geen enkel idee had wat hij kwam doen en totaal niet wist wat de Taalunie is."
Met sulke ANC-"konstitusioneel taalbeskermende vriende" het Afrikaans geen erger taalvyande nodig nie. Minagting werk minagting in die hand, geld hier. (ngn)
No comments:
Post a Comment