Saturday 14 February 2015

Op soek na antwoorde in die volkslied

Skole leer kinders die volkslied, as 'n gebed beskou. Ek luister hoe my kleinkinders dit sing en dié vrae kom by my op: 1. Is dit wérklik 'n outentieke simbool van nasionale eenheid, en 2. verklaar dit dalk iets van die Zuma-voorbeeld as SA se Nommer Een Groot Ontkenner?   -   "Nie een pennie gevat vir Nkandla" (Die Burger,14.02).

Op vraag 1 antwoord P.van der Kooi in sy artikel: "Nkosi sikelel' iAfrika  -  Kan ons dit saamsing?" (Die Kerkpad, Mei 2000): "Hierdie gebed aan 'n onbepaalde godheid en 'Heilige Gees' kan elkeen op sy eiesoortige en besondere wyse vertolk. Dit is in die praktyk 'n ongedefinieerde en veelvormige aanbidding van 'n goddelike mag wat bokant die bestaande werklikheid ... aanwesig is", en daarom, sinkretisties, vir alle diverse geloofsgroeperinge aanvaarbaar behoort te wees.

Betreffende vraag 2: Wie is dié oer-Nkosi tot wie gebid word? Nie God Drieënig nie, maar die godheid van die Afrikamense; die oudste seun van Mina Mamo Wê, "die vrou wat uit die boom gekom het". As oer-voorvadergees leer Nkosi Ubuntu: Ek is net mens deur ander mense. Gaan dit sleg, word ander daarvoor blameer. Oortreding is nie my skuld nie (ontkenning); wel dié van ander.

Al Zuma se volhardende ontkennings blyk voort te kom uit die Afrika-geloofstradisie van dié oer-Nkosi en wat dié hom leer   -   die norm vir Afrikamense. Vir my, daarteenoor, verteenwoordig dié oer-Nkosi nié die God (wat skuldbelydenis vra) wat ek aanbid nie.  My grondwetlike reg op geloofsvryheid veroorloof my dié verskil.

Die volkslied skyn tog lig op dié vrae te kan werp. Of dit wel 'n outentieke nasionale eenheidsimbool is, lyk twyfelagtig. Dat dit wel iets van Groot Ontkennende Zuma sê, wil beslis so voorkom.   (ngn)






5 comments:

  1. Baie goed gestel Tommie, waardering vir jou plasing hiervan!

    ReplyDelete
  2. Tommie wat Ek graag Sal will weet is waar jy jou informasie vandaan kry. Ek het jou feite probeer staaf deur dit te resurche op die internet. Maar Ek kon die wat jy se omtrend die sogenaamde boom vrou nerens kry nie. So Kan jy my aseblief se waar jou veite vandaan kom. Ek gaan jou nie net sommer blindelinks glo omdat jy so se nie. My gesond verstand Soek veite.

    ReplyDelete
  3. My onbekende vriend, tik in mina mamo wê op Google, en jy kan dan daar lees van wie Nkosi was en van sy ma "die vrou wat uit die boom gekom het". Laat hoor weer gerus van jou. Saam kan ons na die waarheid soek. Groete

    ReplyDelete
  4. Baie dankie Tommie vir die inligting.
    Tans sirkuleer 'n langerige inligtingstuk re Die Volkslied met soortgelyke inhoud vryelik via watsoppe op die sosiale netwerk. Ongelukkig is die outeur daarvan se naam weggelaat. Ek't 'n geweldige afkeer in sulke anonieme stukke wat dikwels oor die etergolwe rondfladder! Is u dalk die oorspronklike outeur? RSVP
    Domeritus Danie Malan APK Coligny (vriend v. Piet vd Kooi en seun v wyle Awie Malan)

    ReplyDelete
  5. Nee, Danie, ek is beslis nie die skrywer van die stuk waarna jy verwys nie. Wat ek in die openbare domein wil sê, sê ek - en het ek nog altyd - onder my naam gesê. Ek deel in jou sentiment oor skrywers wat agter anonimiteit skuil. Seënwense.

    ReplyDelete