Friday 20 February 2015

Slaag beskuldiging in integriteitstoets?

Ek meen Francois(DB sms'e,18.02) behoort nie sy aanvegbare standpunt nie-beswaarmakend toegelaat te word nie. Hy sê: "'n Groot vraagteken hang oor hierdie mense se integriteit as jy 'n bloedbad verkies eerder as om mense hul vryheid te gee." Duidelik het hy "ingekoop" op die "bloedbadalternatief" as enigste alternatief en opsie vir SA, 'n leuen baie ver verwyder van die waarheid.

Daar is niks verkeerd met "hierdie mense se integriteit" nie, Francois. "Hierdie mense" verkies nié 'n bloedbad nie, en nog minder ontsê hulle mense hul vryheid. Dit is net dat "hierdie mense"   -   oor eeue heen geïnspireer deur hul sterk vryheids-  en onafhanklikheidstrewe   -   teen hul wese en teen hul sin nié deel wil wees van die minderheidsversmorende nuwe (on-)"demokratiese" bedeling nie, maar binne hul eie jurisdiksiegebiede self oor hul eie toekoms wil besluit. Is dìt 'n skending van menseregte, Francois, of eerder 'n skending om hulle dit te ontsê? 

"Hierdie mense" gun elke mens in SA sy/haar vryheid   -   en, Francois, het jy al verneem van vryheid-tot-verantwoordelikheid?   -   maar kan dit regverdig word deur ander mense en minderheidsgroepe húl vryheid hulle te ontneem? Jy praat van integriteit; is dít integriteit? Jy sê, en lê "hierdie mense" bedrieglike woorde in die mond, hulle verkies 'n bloedbad. Dis absolute onsin en kwaadwillig van jou. Het jóú "integriteit" nie juis vir SA 'n bloedbad gebring met die wrede plaas-  en townshipmoorde wat die SA-moordsyfer tot die tweede hoogste ter wêreld laat styg het nie?

My ongevraagde raad aan jou, Francois, is: Besin eer jy begin beskuldigings maak wat nié in jou eie integriteitstoets sal kan slaag nie.         (ngn)





1 comment:

  1. Goeie stuk Tommie. Ander groepe veg ook ( nou op hierdie oomblik!) vir hul eie "jurisdiksiegebiede" waar hul self besluite kan neem. Die Vendas en Tsongas is in bitter gevegte betrokke vir 'n munisipale gebied ( Malamulele) in die verre noorde van ons land. 4 skole is baie onlangs afgebrand, gister 'n skoolbiblioteek. Wanneer wittes dit doen, word hul beskuldig van "terughunker na apartheid" - hier bloot "vaksie/ etniese gevegte":

    http://www.netwerk24.com/stemme/2015-02-20-soos-hel-vs-lowergroen

    ReplyDelete