Tuesday 19 May 2015

Geïntimideerde kiesers moet bevry word

Vanweë powere dienslewering en herhaalde leë kieserbeloftes, ervaar die ANC toenemend teenstand. Onvoorspelbaarheid en inkonsekwentheid van ANC-beleid, soos sy sielkundig teisterende grondbeleid, bly 'n daaglikse bron van senutergende kommer en onsekerheid vir minderheidsgroepe. Die ANC bied geen veilige toekoms waaraan laasgenoemde hul kinders kan toevertrou nie. Die gevolg is grootskaalse breinerodering van talentvolle jongmense na die buiteland; 'n verlies aan hoogsgeskoolde mannekrag vir ons steierende ekonomie.

Stilswyend goedkeurend het die ANC toegesien hoe historiese beelde aangeval word. Nou, egter, kom ook sy eie openbare beeld onder skoot van die media. Vir beeldbeskerming vind ANC-skadebeheer plaas ten koste van die SA-burgery. Voorbeelde: Vir die behoud van populêre rewolusionêre steun, word Afrikaanssprekendes gestraf deur hul taal in skole en universiteite progressief te vernietig. Gevorderde nasionaal noodsaaklike ondersoeke   -   wat belastingbetalers reeds etlike miljoene Rand kos   -   word, sonder motivering, summier afgelas omdat bevindinge daarvan tot die ontmaskering van die ware ANC-beeld kan lei.

Dit is welbekend dat nie-demokratiese intimidasie 'n beduidende rol speel tydens voorverkiesings- stemwerwing. Bygeloof is so 'n faktor van meerdere intimidasiefaktore wat stemme manipulerend na politieke partye kanaliseer. Kiesers moet hiervan bevry word. Dit kan verkiesingsresultate beïnvloed deurdat kiesers hul steun onbevange kan verskuif vanaf korrupte politieke leiers na dié party(e) met 'n bewese rekord van suksesvolle dienslewering. Die 2016-verkiesingsjaar is die toetsjaar vir kieserbevryding van intimidasie

1 comment:

  1. Puik plasing Tommie, die idees hierin vervat asook die keurige taalgebruik! Ek hoop dit word wyd gelees en waardeer. Die ANC se sluwe planne om 'n dom, afhanklike massa "stemvee" te skep met 'n ( doelbewuste?) mislukte onderwysstelsel en allerlei "grants" gaan nog vir lank sorg dat hulle steeds aan bewind bly.

    ReplyDelete