Monday 19 October 2015

Stel die gay-besluitgees op die proef

In die NG Kerk se gay-besluit staan die geestelike dimensie van dié besluiit sentraal. Wie aan die Woord durf peuter, peuter daarmee aan die swaard van die Gees (Efes.6:17). Christene staan onder opdrag om die geeste op die proef te stel (1 Joh.1:4), die gay-besluitgees daarby ingesluit.

In sy: "Gay gelowiges is ook jou naastes" (DB,15.10), erken Leopold Scholtz prontuit sy sekulêre ingesteldheid wanneer hy sê dat hy "as sekulêre historikus...die Bybel as historiese bron bekyk." In: "Sinode het 'n dapper besluit oor gays geneem" (DB,12.10), word gesê dié besluit "bou voort op die Grondwet". Baie duidelik adem dié twee menings nié die Bybelse Gees nie.

In Efesiërs 5:18 ontvang ons die opdrag om met die Gees vervul te word omdat die Gees ons vir Hom afgesonder het (2 Tes.2:13). Daarteenoor word ons gewaarsku om ons nie op te hou met die oproep van geeste (Lev.20:27) of met mediums of spiritiste wat fluister en mompel nie (Jes.8:19).

As straf sterf koning Saul   -   vanweë voortvarende ongehoorsaamheid   -   in sy eie swaard na raadpleging van Samuel se gees deur die heks van Endor, en lewer sy volk uit aan die vyand. Met sy gay-besluit het die kerkleierskap 'n swaard gesmee waarin hy kan val.

Moet ons dan nie erns maak met die op proefstelling van die gay-besluitgees nie?        (ngn)






1 comment:

  1. En hulle kan begin by Genesis, na God se instelling van die huwelik tussen man en manin, man en vrou, waarna Jesus ook verwys (Joh 8). Waarom lees hul nie die HELE Bybel nie? Die 7de gebod praat van "egbreek pleeg" - hierdie is nie 'n Bybelse egtelike verbintenis nie, so hulle kan daardie blad ook maar uit hul Bybels skeur. Terug na Genesis, na God wat sê: "Wees vrugbaar, vermeerder en vul die aarde" - dit was VOOR die sondeval, dus God se ideale Plan vir die Mensdom. Hoe kan 'n man + man, of 'n vrou + vrou, hierdie opdrag gehoorsaam?

    ReplyDelete