Saturday 20 July 2013

Media se geloofwaardigheid bevraagteken

'n Afwesigheid van balans kenmerk beriggewing oor Mandela. Eensydigheid van mediadekking is ooglopend. Pogings om ook Mandela se ander sy in die openbaar te stel, word, figuurlik gesproke, afgesny met die sekel en plat geslaan met die hamer op die dorsvloer van die voortgesette rewolusie waarvan dié twee stukke gereedskap simbole is.

Lesers is bewus van dié koerante wat die SA Perskode se waardes van waarheid, akkuraatheid, regverdigheid en gebalanseerdheid onderskryf, maar word beswaarlik in beriggewing oor Mandela weerspieël. Mense is in gesprekke eens oor die nie-geloofwaardigheid van die media.

Kan ons nog die media vertrou met die waarheid, of het dit in dienstige knegskap van die voortslepende rewolusie verval? Lesers het begrip vir die moeilike taak van die media, maar waarom dan verbind tot aanvaarde waardes as dit nie konsekwent as riglyne dien nie? Dit maak dié waardes bespotlik.

Ons Bybelse opdrag is om aan die keiser te gee wat hom toekom. Drapeer Mandela daarom in dié lofgewaad wat hom regverdiglik toekom, maar let ook op dié tydperk toe dié keiser "kaal" was. 

Sedert Mandela se ondertekening van die "Termination of Pregnancy Bill" van 01-02-1997 is reeds meer as een miljoen babas wettig met belastingsbetalersgeld geaborteer (vermoor). Sy dekriminalisering van prostitusie lei tot pornografie en sekswinkels. Verkragtings neem dramaties toe.

Meer as 100 000 word in sy termyn vermoor. Met sy verjaardagvierings laat hy gewapende rowers, verkragters en moordenaars vry. Onder Mandela verloor die Rand 80% van sy geldwaarde; deur stakings gaan 2,8 miljoen werksdae verlore, en ons nasionale skuld verdubbel. "The Economist" beskryf sy termyn as 'n "failure".

Hierdie is maar slegs enkele voorbeelde van sy nalatenskap waaromtrent die media swyg en ons "gelukkig" mee moet saamleef. Dié swygsaamheid stoot die vraag na die media se geloofwaardigheid sterk na vore.     (ngn)



2 comments:

  1. Baie goed geskryf Tommie en ek stem heelhartig met jou saam!

    ReplyDelete
  2. Dit is die linkse/liberale sosialistiese pers wat Mandela deur die jare van gesoute terroris tot afgod gebeeldpoets het deur na hom te verwys as die persoon wat Suid-Afrika sou red...die swart ‘Messias’ wat sou kom om die land in ‘n aardse paradys te omskep waar almal gelukkig en vreedsaam sou saam leef.

    Dit herinner my aan die Italiaanse kommunis Gramsci se uitlating dat beheer van die menslike bewussyn van uiterste belang is en deur die media te beheer kan die denke van die massas by die oorsprong daarvan beheer word – dus in Mandela se geval “tell a lie, tell it often enough, and the people will believe it.”

    ReplyDelete