Thursday, 12 August 2021
Hierteen maak ek ernstig beswaar
Tuesday, 27 July 2021
So is krisis in Kerk voorheen hanteer
Onlangse berigte en skrywes oor dolerende NG-gemeentes dui ondubbelsinnig op die aanwesigheid van twee botsende sienings van die Bybel in dié kerk. Nuwe vertalings en interpretasies daarvan, sedert 1933 en 1952 veral, het tot groot verdeeldheid gelei. Dolering is 'n simptoom van 'n kerklike krisis rondom die Bybel.
Twee Bybelse vakwetenskaplike gemeenskappe - teologiese paradigmas - is onderskeibaar. Vir die een is die Bybel die geïnspireerde Woord van God, geskryf onder die leiding van die Heilige Gees en selfgenoegsaam sodat die Skrif deur die Skrif self verklaar kan word. Vir die ander is die Bybel bloot mensewoorde oor God - 'n feilbare historiese verhaal - en verklaar aan die hand van die evolusieteorie.
Oor jare heen al word Bybelse waarhede geïnfiltreer deur evolusie georiënteerde oortuigings in die NG kerk en, in 'n "nuwe verstaan" daarvan, tot mites gereduseer. In 2011 sê prof. Willie Esterhuyse, teoloog en filosoof, dat God self "deur sy eie proses van evolusie gaan...(en) geen geloof kan sonder die wetenskap oorleef nie" (By 22.01.11). Wat 'n aanspraak.
Enkele kenmerke van botsende (ook teologiese) paradigmas is dat hulle mekaar wedersyds uitsluit, onversoenbaar van mekaar verskil, 'n konseptuele transformasie vind plaas, 'n nuwe stel verbintenisse word aanvaar, veranderde siening van die ondersoekterrein (Bybel) vind plaas met onderlinge kommunikasieprobleme.
In wetenskapsfilosofiese terme bevind die NG Kerk sigself tans in 'n krisis, uiteindelik gevolg deur 'n wetenskaplike revolusie waardeur een van die kompeterende teologiese paradigmas verwerp sal word. Met die oog op minimalisering van kerklike skade, asook waarheidsbehoud, word dit 'n oorweging om betyds paaie te skei soos in die verlede, ook tydens 'n kerklike krisis, tussen Protestante en Katolieke.
(ngn)
Tuesday, 20 July 2021
Hieroor mág ons van mekaar verskil
Daar bestaan 'n lang lys van siekte-pandemies wat die mensdom deur die eeue getref het. In die 6de eeu sterf die helfte van die Europese bevolking aan builepes. Gedurende die 14de eeu eis die Swart Dood (builepes) ongeveer 25 miljoen lewens.
Tussen die 15de en 17de eeue versprei pokke vanuit Europa na die Nuwe Wêreld (Amerikas) waar 90% van die inheemse bevolking daaraan sterf. Sewe agtereenvolgende cholera-pandemies volg mekaar in die 19de eeu in Indië op. In die 20ste eeu besmet die Spaanse griep ongeveer 'n derde van die wêreldbevolking met aansienlike lewensverlies.
By gebrek aan kennis van die mediese wetenskap het diie vroegste pandemie-slagoffers hul toevlug tot die Kerk en hul Christelike geloof geneem. 'n Oorblyfsel hiervan is die tienjaarlikse Passiespele in Oberammergau.
Met verloop van tyd het vooruitgang van die geneeswetenskap 'n verskuiwing vanaf geloof na wetenskap, as kuur vir pandemies, meegebring. Deesdae vra ons baie vrae soos: word ons alleenlik deur die wetenskap van siekte genees, of is die wetenskap 'n gawe van Bo as genees-instrument in diens van die Gewer daarvan?
Binne ons sekulêre staat, waarvan die SA-grondwet aan elke landsburger godsdiens- en meningsvryheid toeken, vind ek dit jammer dat ons as Christengelowiges nie groter blyke gee van ons siening van die wetenskap-geloofsverhouding nie. Word laasgenoemde tans ondergeskik gestel aan eersgenoemde?
Natuurlik mag ons, vreedsaam, van mekaar verskil. Waarom nie, met groot dankbaarheid, die wetenskap as gawe van Bo onder die sambreel van ons Christelike geloof plaas, en nie andersom nie? Wetenskap kan my help tot by die "grens' , maar geloof dra my daaroor.
Tuesday, 13 July 2021
Nuwe deuntjie oor veraf komende taal
Monday, 5 July 2021
Gesondheidswelsyn ons almal se plig
Tuesday, 29 June 2021
Konteks, spelreëlgesag en diskriminasie
Monday, 14 June 2021
Billikheid van oordeel bevraagteken
Tuesday, 8 June 2021
31 Mei 1961 uitgewis uit nasionale geheue
Tuesday, 1 June 2021
Suid-Afrika nie meer dié rolmodel nie
Suid-Afrika is by die onlangse Israeli-Palestynse botsing betrek in dié sin dat ons land dan sou dien as internasionale rolmodel vir vreedsame versoening tussen strydende partye, en derhalwe ook vir dié Midde-Oosterse kwessie.
'n Onlangse artikel van die FW de Klerk-stigting: "Israel & Palestine: SA is no longer an example to be emulated", meld die volgende voorbeelde as rede vir dié statusverlies van ons land as versoeningsmodel: minderheidsgroepe se kulturele en taalregte word ernstig bedreig; onbillike rassediskriminasie kom toenemend voor; die kultuur en -geskiedenis van minderheidsgroepe word uit die nasionale identiteit verdring, hul ekonomiese beweegruimte word toenemend ingeperk terwyl grond en eiendom sonder vergoeding onteien staan te word.
Van grondeienaars sê die President: " they are not the rightful owners of land..., not really part of 'our' people..(and) the bearers of the original sin of their ancestors..." Sulke uitsprake bring mee dat dié beskuldigdes nie langer meer welkom voel in hul geboorteland nie. Waar blyk die versoening hieruit?
'n Owerheid wat, ten spyte van ons Grondwet en Handves van Menseregte, minderheidsgroepe so behandel, kan sekerlik nie as model vir versoening beskou word nie. Suid-Afrika is ongetwyfeld nie meer dié rolmodel vir versoening wat die internasionale gemeenskap aan hom toegeken het nie.
(ngn)
Wednesday, 26 May 2021
Deel asseblief dié oplossing met ons
Monday, 17 May 2021
Die G in NGK betekenisrowend verander
Saturday, 1 May 2021
Dié bekentenis behoort ondersoek te word
Friday, 23 April 2021
Word ons Godsbeskouing geïnfiltreer?
Saturday, 17 April 2021
Min insig ook aan taalmuntstuk se keerkant
Monday, 12 April 2021
"Beste stuurmanne" nie só oningelig nie
Tuesday, 6 April 2021
Geen einde in sig aan US-taalstryd
Destyds verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit (voorheen UPE), het 'n skrywe van my - 'n bietjie meer as 18 jaar gelede - op Maandag 21-10-2002 in die Oos-Kaapse "Die Burger" onder die opskrif "Moenie taalverraad pleeg" verskyn. Na byna twee dekades blyk dit steeds relevant bydraend te mag wees tot die onverkwiklik tragiese US-taalstryd waarvan die einde nie in sig blyk te wees nie. Ek haal 'n gedeelte daarvan woordeliks hierin aan.
"Die multidimensionaliteit en -funksionaliteit van 'n taal kan en mag nooit ontken word nie. Trouens dit word weerspieël in die diversiteit van legitieme invalshoeke van waaruit deelnemers aan dié taaldebat deelneem.
Die kernkonteks van die US, soos ook by ander hoëronderwysinstellings, behoort gedefinieer te word as 'n onderrig-leer-konteks. Die wese van die US-taaldebat behoort te sentreer rondom die primêr opvoedkundig-onderwyskundige taalbehoefte van studente. Dit is binne dié konteks waar moedertaal innig verweef is met werklikheid, waarneming, verskillende denkvorme en -uitkomstes, betekenisgewing, retensie, denkontwikkeling en, uiteindelik, potensiaalontwikkeling.
Tale dien as sleutels wat mensepotensiaal oop-/ontsluit, of nié oop-/ontsluit nie. In dié verband het Afrikaans hom reeds voldoende bewys as 'n sleuteltaal.
Die US durf dus nie taalverraad pleeg teenoor almal vir wie die Afrikaanse taal 'n sleuteltaal was, is en sal wees in die ontwikkeling van hul potensiaal nie. Die US-taalbeleid moet nie toelaat dat Afrikaans ooit tot taalkarkas vir die taalaasvoëls gemaak word ten koste van die potensiaalontwikkeling van die Afrikaanssprekende jeug nie."
Tuesday, 23 March 2021
Smuts 'n Britse Ryksbouer, nie nasiebouer nie
Tuesday, 16 March 2021
Leiers van teleurgestelde verwagtinge
By nadere ondersoek mag ooreenkomste gevind word tussen "Slim Jannie" Smuts, oorlogstydse Boeregeneraal, en "Slim Wim" de Villiers, US-rektor.
Intellektueel geniaal het Smuts, na die Anglo-Boereoorlog, sy in ellende gedompelde verslane volksgenote verruil in voorkeur vir die vriendskap van die Engelse oorwinnaar. Sy verslane volksgenote moes hul -erfenis verwerp en deel word van die Britse Empaaier - 'n omstrede leier van teleurgestelde verwagtinge.
In 'n onderhoud van Jan-Jan Joubert met die huidige US-rektor, gepubliseer in "Matieland" (Jaargang 58, 2015), was Joubert op soek na "die wese van die nuwe rektorsiel".
As student het die US-rektor uitmuntend presteer. Hy was "lid van 'n groep genaamd 'Stellenbosch moet oop' (en) ten gunste van studente-aktivisme...'n goeie ding". Hy verwys na homself as " 'n sogenaamde linkse in 'n studenteraad van dertien".
As skrander akademikus het hy blootstelling aan buitelandse Engelstalige universiteite soos Oxford, Harvard en Kentucky geniet; plaaslik ook Ikeys, 'n duidelike beïnvloeding waarvan hy sê: "ek het baie Amerikaner in my", en hy "vind dit vreemd dat 'n universiteit 'n taal moet bevorder", 'n duidelik nie-wetenskaplike uitspraak.
Vanuit die staanspoor (2015) was hy van voorneme om teen 2020 die US tot 50% swart studente, van die totale studentetal, te diversifiseer.
Soos wat Smuts die na-oorlogse Afrikanervolk se verwagtinge teleur gestel het, so word ook die Afrikaanssprekende studente aan die US se verwagtinge ten opsigte van onderrig in hul moedertaal, teleur gestel.
Tuesday, 9 March 2021
Afrikanisering bedreig eie identiteite
Wednesday, 24 February 2021
Ons nasionale historiese bewussyn word vernietig
Tuesday, 16 February 2021
ANC-vure vernietig president Ramaphosa se "fynbos"
Sunday, 31 January 2021
Wetenskaplike rasionaliteit is 'n vorm van geloof
Tuesday, 26 January 2021
Ons kon tóé nog meer met minder doen
Elke maand het 'n eie bekoring. Leipoldt besing Oktobermaand; Desember dikwels 'n huweliksmaand - 52 jaar gelede ook vir my en my vrou.
'n Vrygeselkollega onderneem daardie somer 'n toer na Rhodesië, Mosambiek en Zambië. As deel van ons wittebroodsreis nooi hy ons saam op toer. 'n Eenmalig onherhaalbare geleentheid, aanvaar ons dié uitnodiging.
Na ons Saterdagtroue, ontmoet ons hom die daaropvolgende Dinsdag in Messina. Onderweg daarheen oornag ons in Bloemfontein (R10), Pietersburg (R9-50) en Messina (R9) in hotelle.
Ons motor, 'n Wolseley 1000, laat ons in Messina en reis saam met ons weldoener. Met slegs 'n bietjie kontant en R200 se reisigertjeks, vertrek ons na Rhodesië gebruikende die Britse geldstelsel met R2 vir 'n Britse pond.
Verblyfkoste in hotelle te Umtali (R8-10), Beira (R12-30/480 escudos), Salisbury (R10-20), twee nagte by die Karibameer (R24-45), twee nagte by die Victoriawaterval (R34-20) en Bulawyo (R6-10), beloop soos aangedui. Ons visums vir Zambië daag nie op nie, en ons vlieg tussen Kariba en Victoriawaterval vir R34-20.
Terug in Suid-Afrika kos 'n rondawel op Tshipise ons R1-90 per nag, Motel Numbi R5, 'n dagbesoek aan die KNP R3, en 'n Nelspruitse motel R7.
Na aftrekkings het my Desembertjek R127-70 bedra; my vrou s'n minder. Ons het 'n totale afstand van 3312 myl in Suid-Afrika afgelê met 'n brandstofverbruik van 74 gellings wat R29-61 gekos het.
Vyftig plus jare gelede kon ons met (relatief) minder meer doen as met vandag se meer waarmee ons toenemend al hoe minder kan doen, 'n vervloë era waarvan die huidige geslag waarskynlik weinig weet.