Friday 24 May 2013

Teoloog ontken Bybel as allermaatstaf

Die Stellenbosse teoloog, dr.Chris Jones, se artikel, (eros) "Liefde is geen sonde" (DB,21.05), het betrekking. My reaksie op dié misleidende stelling is om dit om te draai tot: "Sonde is geen (agápe) liefde". Waarom misleidend? As teoloog negeer Jones die Bybelverklaarde vyandskap tussen vlees en gees. 'n Vraag aan Jones: waar pas liefde vir sonde in?

Jones beywer hom vir die regte van die gay-gemeenskap en beweer dat "die gesprek oor gay-wees en gay-verbintenisse in kerke...toenemend positief beïnvloed (gaan) word deur wat internasionaal...aan die gebeur is." Hiermee verhef Jones die wêreld (internasionaal) tot maatstaf bó die Bybel. Hy verhef ook die grondwet bó die Woord wanneer hy die dag voorsien wat "die hof sekere kerke tot verantwoording (sal) roep oor hul standpunt oor gay dominees...sodat kerke kan ontdek hulle tree...nie net onmenslik en onchristelik op nie, maar ook teen (die gees van) die Grondwet." Adem ons grondwet die Gees van Christus: Ja, of Nee?

Ek vind Jones   -   synde 'n teoloog   -   se gay-propaganda tegelyk skokkend en onaanvaarbaar. Dit is slegs te verklaar in terme van 'n radikale verskuiwing in Gods- , Skrif- en mensbeskouing. Jones erken dan ook dat "morele en godsdienstige paradigmaskuiwe gekom" het. Hy verwys na die "baie goeie boek" (nie die Bybel nie!) van William Stacy Johnson wat beweer daar "is dramatiese veranderinge in mense se beskouinge van gays, gay-verbintenisse en gay-huwelike wêreldwyd aan die plaasvind." Weer eens: die mens as maatstaf, nie die Bybel nie!

Ek kan my voorstel dat, met dié denkingesteldheid, Jones geen probleem sal hê met 'n Bybel-grondwetkonfrontasie nie. Die gay-kwessie kan juis die aanloop wees tot sodanige konfrontasie.      (ngn)






No comments:

Post a Comment