Thursday 30 May 2013

Vooraf propaganda vir Belharaanvaarding

Dit is bemoedigend om S.Vermaak (DB,28.05), Anti-Belhar (DB,29.05) en J.van der Merwe (DB,30.05) se reaksie te lees op dr.Gerhard Botha, van die UV se teologiese fakulteit, se artikel "Belhar en die skuld wat steeds knaag" (DB,25.05). Hierdie artikel is geskryf met die oog op propagandamaking vir die aanvaarding van die Belharbelydenis (BB)  deur die Vrystaatse streeksinode wat eersdaags gehou sal word. Destyds, net voor die sitting van die Oos-Kaapse streeksinode in Junie 2012, het prof. Piet Naudé, tot dieselfde effek, 'n brief   -   "NG Kerk moet stemloses stem gee" (DB,06.06.12)   -   in Brieweblad geskryf met presies dieselfde doel van propagandamaking vir die aanvaarding van die BB. Vooraf propaganda is blykbaar 'n geslaagde strategie om te volg. Dusver is die BB nog net deur die Wes-Transvaalse streeksinode afgekeur.




No comments:

Post a Comment