Showing posts with label Rassisme. Show all posts
Showing posts with label Rassisme. Show all posts

Monday, 24 August 2020

In antwoord op Lampies se BLM-vrae




Lampies, in "Help my om BLM te verstaan" (22.08), vra etlike vrae oor dié beweging. Antwoorde daarop gaan merkbaar verskil.

BLM is 'n rasgebaseerde manifestasie van die kontemporêr wereldwye revolusionêre tydsgees. Komende in hoofsaak uit 'n swart rassekonteks, appelleer dit veral tot die werklose gefrustreerde jeug met ook rasse-  en geregsbotsings as oënskynlike oorsaak.

BLM is instrumenteel meewerkend tot die aftakeling en vernietiging van die ou/bestaande samelewingsorde met die doel van die vestiging van die sogenaamde Nuwe Wêreldorde (NWO). Agter die skerms word saamgewerk met groeperinge met dieselfde doel.

Die NWO moet noodwendig tot stand kom deur revolusie,vandaar die BLM se revolusionêre karakter. Vandalisering van beelde en standbeelde simboliseer die vernietigende uitwissing  van die ou/bestaande orde en invoering van die nuwe.

As rasgebaseerde beweging gaan die BLM  -polariserend te werk met 'n sterk anti-wit sentiment. Die kniebuiging/-val simboliseer instemmende ondergeskikstelling aan die gebalde vuis as simbool van uitdaging van die bestaande gesagsorde.

Die BLM-beweging behaal groot sukses met die strategie van verdeel-en-heers waaromtrent publisiteit baie daartoe bydra. Voorbeelde hiervan is die dilemma waarin SA Rugby en SA Krieket hulself onder druk van BLM bevind.

Ook die ANC ry die BLM-golf met gretige genoegdoening. Die Minister van Sport reageer op SA-spelers, wat oorsee nie aan die BLM-knieval wou meedoen nie, op 'n inmengende wyse wat 'n mens eerder van 'n dikdatoriale Vladimir Putin sou verwag.

Die ANC, lank reeds ademende 'n revolusionêre gees met sy NDR, se in vooruitsig gestelde "nuwe normaal" vind dan ook direkte aansluiting by BLM-ideale.





Wednesday, 10 June 2020

Afleidings uit reaksie op Floyd-voorval




Ek laat my nie uit oor die reg/verkeerd of skuldig/onskuldig aspek van die George Floyd-voorval nie, maar kom slegs tot enkele gevolgtrekkinge omtrent die reaksie daaropvolgend.

Dit was ongetwyfeld 'n emosioneel hoogs gelaaide rasse-insident. Die alledaagse praktyk het reeds voldoende bewys dat wit op wit, swart op swart en swart op wit geweld weinig propagandawaarde het, dog wit op swart het wel, en dit is geen geheim nie, ook nie in Suid-Afrika nie.

Dit blyk dat lewens (pragmaties) saakmaak  -  "Black lives matter"  -  wanneer 'n insident propagandawaarde het soos in die George Floyd-geval. Ter plaatse het Collins Khosa se dood aan die hand van weermaglede géén nasionale reaksie ontlok nie. Reaksie op lewensverlies tydens stamgevegte of in inisiasieskole wek ook nie die indruk dat lewens daar ernstig saak maak nie.

Is hierdie duidelike dubbele standaarde en inkonsekwentheid, oor wanneer lewens saak maak en wanneer nie, nie huigelagtig en oneerlik nie? Deur propaganda gedrewe, word 'n samelewing gedestabiliseer en, deur vandalisering, geweldige skade berokken. Is dit dan nie 'n vorm van berekende sabotasie, strafbaar voor die gereg, nie?

Verder sou onderliggend verborge bymotiewe identifiseer kon word, soos die beïnvloeding van die komende VSA-presidentsverkiesing. Ook spat dié reaksie soos 'n vonk oor na ander internasionale gemeenskappe om hulle te destabiliseer ter bevordering van wêreldwye solidêre raspolariserende protesaksies , ingestel op die verwesenliking van langtermyn ideologiese doelstellings.



Tuesday, 23 July 2019

Lei SABC-gespreksleiers beter op



Ons weet reeds dat invloedryk vooraanstaande swart leiers tevore gesê het dat swart mense nie rassisties kan wees nie; witmense wel. Diè tot norm aanvaarde siening word ongetwyfeld ook weerspieël in die MRK se politiek korrekte hantering van swart rassisme.

Die openbare debat oor rassisme, soos ook deur die SABC  as openbare uitsaaier hanteer, verdien ook die aandag. SABC-nuusuitsendings word telkens voorafgegaan deur die aanspraak dat dit "onafhanklik en onpartydig" is. Dit sluit aan by hul kern redaksionele waardes van gelykheid, nasiebou, diversiteit, menswaardigheid en deursigtigheid.

Wat van nuusuitsendings gesê word, kan egter nie altyd van hul programleiers se  -aannbiedings gesê word nie. Sommige gespreksdeelnemers word soms op blatante wyse toegelaat om eensydig alleen teen wit rassisme gal te braak. Getuig dit van onpartydigheid?

Programaanbieders mag nie toelaat dat die SABC as ongrondwetlike platform gebruik word vir ontoelaatbare beskuldigings teen wittes alleen nie. Gesprekke oor rassisme, voorgehou as inklusief van aard, ontaard dikwels in 'n eksklusiewe gesprek waartydens wittes in die beskuldigdebank geplaas word.

Diè rasverdagte SABC-gesprekvoerings, wat sommige deelnemers benut vir hul aanvalle op wittes, is teenproduktief vir die bevordering van rasseharmonie as 'n noodsaaklike voorwaarde vir gesonde nasiebou. Dit verhoog ongewensde rassespanning, -polarisasie en jaag die nasionale gemoedere op.

Die SABC moet gespreksleiers sodanig vooraf oplei   -   oor rasgevoelige onderwerpe soos rassisme   -   wat nie gespreksdeelnemers sal toelaat om, teenstrydig met die Grondwet en ook sy eie kernwaardes, rasveroordelende propaganda te verkondig nie.





Friday, 17 June 2016

Biko-rassismekriterium nie meer geldig

Prof. Xolela Mangcu van die Uinversiteit van Kaapstad lê die blaam vir die volgehoue voorkoms van rassisme in SA voor die deur van wyle oud-pres. Nelson Mandela. Hy beweer: "Mandela se grootste mislukking was dat hy nie Suid-Afrikaners gedwing het om hul eie rassisme te konfronteer nie...hy het die rassekonflik...net uitgestel...daarom beskryf ek hom...as 'n tragiese figuur   -   die held sterf, maar die tragedie duur voort" (DB,13.06).

Synde self swart, sal Mangcu ongetwyfeld die swart rassebewussyn en  -psige baie beter kan peil as ek, maar of die nasionale psigiese klimaat gedurende die Mandela-era   -   waartydens versoening sterk beklemtoon is   -   daarvoor gereed was, het ek my bedenkinge oor.

Vanuit swart geledere moes wittes al dikwels beskuldigend verneem dat swartes onmoontlik rassisties kan wees. Elkeen, met dié selfverontskuldigende bewering gekonfronteer, hanteer dit maar volgens eie ervaring.

Vanwaar dié onwrikbare geloof dat swartes nie rassiste kan wees nie? Leopold Scholtz lig die sluier ietwat hieromtrent wanneer hy sê: "Steve Biko was, sover vasgestel kon word, die eerste swart Suid-Afrikaner wat beweer het dat rassisme 'n uiting van mag teenoor dié sonder mag is...swartes kan nie rassiste wees nie omdat hulle geen mag het nie" (DB,16.06).

Met magsmonopolie as kriterium gekoppel aan rassisme, en die direkte oorsaak daarvan volgens Biko, ontstaan die vraag vervolgens: Maar hoe kan wittes ná 1994 dan nog steeds van rassisme beskuldig (en swartes verontskuldig) word na die magsverskuiwing vanaf wit na swart wat vanaf dié jaar plaasgevind het? Met die magsmonopolie nou rustende by swartes, blyk hul ontkenning van enige skuldigmaking aan rassisme inkonsekwent en ongeldig te wees in terme van die Biko-kriterium vir rassisme.

Die Biko-kriterium is waarskynlik lank reeds vervang. Wat is, daarom, die jongste kriterium(a) waarvolgens swartes wittes van rassisme beskuldig, en hoedanig legitiem blyk sodanige kriterium(a) te wees?




Tuesday, 5 April 2016

Seksisme, rassisme is ongrondwetlike stalperde

Ek reageer op Corrie van Rooyen (DB,04.04) se skrywe. Ek maak beswaar teen haar onsensitief seksisties veralgemenende opmerking omtrent mans. Sy vertel van vier gerapporteerde gevalle van vroue (DB,31.03) wat hulle aan misdaadoortredings skuldig gemaak het, en sê dan: "Dit pla my dat vroue hulle nou net so sleg soos mans begin gedra."

Waar kom Van Rooyen daaraan dat sy so 'n stelling kan maak? Beskik sy oor enige legitieme bewyse daarvoor? Waarom sou mans slegter as vroue wees? Hoe definieer sy "sleg" in geslagskonteks? Dit is net seksistiese bevooroordeeldheid wat wil beweer dat mans "slegter" as vroue is. Haar seksisties negatiewe stereotipering van mans as "sleg", is gevaarlik.

Van Rooyen sal weet dat seksisme, soos ook rassisme, 'n menseregtelike skending is. Wanneer pres. Zuma (DB,04.04) by 'n droogtehulpberaad op Melmoth sê: "Swart mense moet saamstaan en vir 'n ander swart mens stem...", is dit niks anders as 'n ras-diskriminerende   -   en daarom 'n rassistiese   -   oproep tot kiesers nie. Dit, soveel te meer, omdat hy die skare toegespreek het as "president van die land, nie van die ANC" nie. Met dié ampsontoelaatbare uitlating bewys Zuma andermaal sy totale wanbegrip, én minagting, vir die grondwet.

Van Rooyen se seksisme en Zuma se rassisme is twee perde, albei behorende tot dieselfde ongrondwetlike stal.




Thursday, 31 March 2016

Sepie gekaap vir propagandadoeleindes

Om oor die rassegrens te soen of nie, is opnuut die vraag. Die slinkse ANC-SABC benut tans op meesterlike wyse die hewige reaksie van 1985 wat die Sandra Prinsloo/John Kani-soen by wittes uitgelok het en waaromtrent Kani soos volg, korrek, opgemerk het: "...dit is nie my mense wat 'n probleem gaan hê nie. Dis haar mense" (DB,26.03).

Die subtiele invloed en beheer van die ANC-SABC oor die inhoud en rigting wat 7de Laan in die jongste tyd inslaan, word onmiskenbaar duidelik vir eie bevoordelende propagandadoeleindes aangewend. Antisiperende 'n soortgelyke reaksie by wittes as dié van 1985, word die Bernard/Nandi-soen (DB,30.03) aangewend vir geen ander doel as om daarmee in die openbaar onomwonde te probeer bewys dat wittes rassisties is nie. 

In 'n verdere beklemtoning van die wit rassisme-aanklag, én met die doel om wittes onderling te probeer verdeel, beskuldig (wit) Bernard sélf ook sy (wit) ma van rassisme. Sodoende word die ma tot simbool van wit rassisme gemaak. Is die motief vir dié voorstelling nie ook self 'n blyk van rassisme nie? Dit is beslis geen "storm in 'n glas water" nie, maar bydraend tot die verdere openbaar verdagmakende rasetikettering van wittes.

'n Sepie wat sedert 2 000 ingestel was op gesinsvermaak, is egter deur die ANC-SABC gekaap en word nou, breinspoelend, vir propagandadoeleindes aangewend. Dit is laakbaar en onverantwoordelik om rasseverhoudings verder te vertroebel in 'n reeds oorverhitte rassensitiewe klimaat

Wednesday, 10 February 2016

Vals beskuldigings bevorder rassefobie

'n Fobie, volgens die HAT, is 'n onnatuurlike of sieklike vrees, soos kloustrofobie (engtevrees) en hidrofobie (watervrees). Word SA tans gekenmerk deur 'n ontwikkelende rassefobie   -   veral onder, en ten koste van, wittes   -   vanweë die toenemend intimiderend teisterende beskuldigings van rassisme teen hulle? (Rassefobie, as vrees vir valse beskuldigings van rassisme, is nie te verwar met afrofobie of xenofobie nie, maar 'n skuldgevoelwekkende strategie gerig op die kapitulering van wittes.)

'n Voorbeeld hiervan is die twee US-damestudente wat op uiters omstrede en ongevoelige wyse van rassisme   -   "blackfacing"   -   beskuldig word. 

In reaksie op die US se summiere skorsing van dié twee studente vra adv.T.du Preez van Menlopark in sy skrywe; "Is pers nou swart by die US?" : "Waar is die audi alteram partem-reël wat beteken: hoor die ander kant se weergawe"? Dié regsgeleerde beveel aan dat die US om 'n verskoning gedagvaar word; skadevergoeding geëis word vir pyn, lyding en naamskending, asook vir toekomstige verlies van werkgeleenthede omdat die US hulle lewenslank gekoppel het aan (rassistiese) "blackfacing".

Wat ook al die uitkoms van dié voorval gaan wees, is die skade reeds verrig en wel in die vorm van permanente psigiese letsels vanweë die valse brandmerking van dié studente as rassiste. Dit is die vrees vir blootstelling aan die uitkringende valse beskuldigings van rassisme wat rassefobie by wittes bevorder.






Monday, 1 February 2016

Enkele oorwegings vir 'n SA rassismegesprek

By verskeie geleenthede reeds verneem ons van die dringende noodsaaklikheid van 'n nasionale gesprek oor rassisme. Rasse praat ván mekaar; nie mét mekaar nie   -   die probleem bly, die oplossing bly uit. Is eerlike saamsoeke na 'n oplossing elkeen se burgerplig, of net om by die selfaangestelde politiek korrektes se rasbeoordelende kommentare in te meng?

Tydens so 'n nasionale gesprek sou die volgende oorwegings, van vele meer belangrikes, die aandag kon geniet; 1. Binne alle rasse, sonder uitsondering, is indiwidue wat hulle skuldig maak aan rassisme. Emosioneel belaaide beskuldigings bied geen oplossing nie. 2. Daar bestaan nie net 'n enkele ras   -   die menslike ras   -   soos wat ideoloë ons wil wysmaak nie, maar wel 'n veelheid van rasse. Rasse en  -verskille is 'n werklikheid. Erken en respekteer dit.

3. Vanweë die kompleksiteit van die rassismekonsep kan dit nie simplisties benader word nie. 4. Mense is nie mekaar se gelykes nie. Erken die universele beginsel van menslike ongelykheid-in-gelykwaardigheid. 5. Staak die ongrondwetlike verabsolutering van die beginsel van eenheid-in-verskeidenheid. Herstel dié balans deur ook die verskeidenheid-in-eenheid beginsel erkennend te implementeer. 6. Kom tot 'n rasioneel ooreengekome definisie of omskrywing van rassisme sodat Jan en Alleman dit as riglyn self kan aanwend.

7. Vanweë inherent ingeskape rasverskille is oplossingsoeke in nierassigheid futiel. Laasgenoemde het sy plek, maar voortgesette "krapperigheid", soos dit in sommige sportsoorte en skole voorkom, bied nie die finale oplossing vir rassisme nie. 8. Erken en respekteer die bestaan van rasgrense. 'n Woord of sêding binne die eie raskonteks (intrarassig) wat nie opskudding sal veroorsaak nie, mag, sodra oor 'n vreemde rasgrens (interrassig) gebruik, wel vure aansteek. Wees bedag op oorgrensvertolking. 9. Elke ras bring 'n raseie kultuur voort. Veelrassige SA is ook 'n multikulturele menselandskap. Rassisme hou daarom ook negatiewe implikasies in vir enige ras se kultuur.

Deelnemersgesindhede en 'n analities waarheidsoekende denkingesteldheid is twee noodsaaklike voorwaardes vir so 'n gesprek.                      (ngn)




Monday, 25 January 2016

Politiek nie-korrekte Max bevestig vermoede

Die rassegevoeligheid van die dag noodsaak almal om met versigtigheid die aktuele vraag te stel óf die ANC die oplaaiende rassespanning   -   spoelende oor SA soos 'n emosionele tsunamigolf   -   blatant gaan uitbuit in aanloop tot die plaaslike verkiesing. Ek vermoed die waarskynlikheid daarvan is groot. Waarom? Jaag rasgepolariseerde gemoedere op, en kieserstemme word daarmee die ANC-kamp binnegejaag.

Deur groter bewusmaking van die nasionale rassebewussyn kan 'n ANC-gunstige voorverkiesingsklimaat geskep word. "Die mense is kwaad", 'n periodiek gerapporteerde frase, is welbekend. Daar is heelwat aanduidings dat daar diegene is wat baie kwaad is vir die ANC se swak dienslewering, herhaalde leë beloftes, teleurgestelde verwagtinge, nepotisme en korrupsie. Na 22 jaar is die ANC-rug ietwat teen die muur. 

Daar is egter 'n eenvoudige omkeerstrategie tot die ANC se beskikking. Verskuif die swaartepunt weg van dit wat mense kwaad maak na iets totaal anders. Die huidige nasionale rassekwessie leen homself hiertoe. Verskuif daarom die rasionele redes vir kwaadwees na die emosionaliteit van ras wat tegelyk nugtere kiesersoordeel kan vertroebel. Pres. Zuma se onlangse beskuldiging van wittes van gronddiefstal is 'n voorbeeld van so 'n verskuiwing. Raskohesie en  -solidariteit bevorder ANC-steun.

Vanselfsprekend sal die ANC enige so 'n moontlikheid ontken, dog uit ervaring weet ons wat ANC-selfverontskuldiging beteken. Max du Preez (DB,23.01)   -   dikwels geneig tot politieke korrektheid   -   ignoreer enige versigtigheid vir politieke korrektheid en antwoord soos volg op my versigtig aangevoorde vraag: "Die ANC en EFF...gaan ras, rassisme en vermeende rassisme skaamteloos gebruik om stemme vir die komende plaaslike verkiesing te werf." Hiermee bevestig Max my vermoede.




Friday, 15 January 2016

Kom ons verskil sonder om te beledig

Met haar duidelik rasonderskeidend, diskriminerend eensydige kommentaar   -   op mediaberiggewing oor die gedrag van twee opponerende ondersteunersgroepe tydens die verhoor van die vier valslik aangeklaagde Paryse boere (DB,13.01)   -   "...die Asterixe en Obelixe...wat elke keer 'n vierkleurvlag gryp en na hofsake soos dié hardloop...is hierdie soort narre...wat die vyandige vlam van 'ons' en 'hulle' wil laat aanhou brand", bederf Corrie van Rooyen (DB,14.01) haar andersins goeie brief.

Ek vind haar opmerkings in swak smaak en uiters onsensitief. Die "ons" na wie sy verwys is lede van die kwesbare plaasgemeenskappe wat wreed aangerand en vermoor word. Die "hulle" is diegene wat vir dié aanvalle en moorde verantwoordelik is. Sal Van Rooyen dit waag om na "hulle" óók as "narre" te verwys? Nee, sekerlik nie. Waarom dan diskrimineer?

Van Rooyen het sekerlik nie self dié hofgebeure meegemaak nie. Ernst Roets van Afriforum sê ANC-  en EFF-lede het verskeie rassistiese en haatspraak-uitsprake gemaak, en ook "Kill the boer" gesing. Dien dit dan nie as uitlokkende provokasie nie? Die vierkleurvlag simboliseer volkse Afrikaners se eeue-oue strewe na vryheid en onafhanklikheid. Misgun Van Rooyen diesulkes hierdie ideaal?

Moet die "Asterixe" en "Obelixe" hul gedrag aan Van Rooyen verantwoord, of aan die grondwet? En wat van "hulle" gedrag waaroor Van Rooyen swyg? Waarom dié eenogig-eensydige kritiek op 'n enkele party? Van Rooyen verwag seker nie 'n klop op die skouer van die ANC vir haar toedraai van "hulle" in watte nie? Kom ons wees verdraagsaam teenoor verskille, en sonder om mekaar te beledig.            (ngn)





Thursday, 14 January 2016

Jeffreys lewer nie 'n konstruktiewe bydrae nie

My lees van Henry Jeffreys se: "Almal moet help rassisme smoor" (DB,13.01), vertolk ek as van 'n subtiel-bydraend swart-wit polariserende aard   -   waarvolgens wittes duidelik groter blaam moet dra vir rassisme   -   eerder as 'n konstruktief-objektiewe soeke na 'n oplossing daarvoor.

Ter aanvang toon hy nugtere oordeel wanneer hy sê: "Kom ons erken dit maar...rassisme sal altyd met ons wees...dat die stryd teen rassisme in al sy vorms nooit sal ophou nie...Rassisme is... 'n menslike verskynsel en álle mense is daartoe in staat." Met die beantwoording van sy eie vraag: "Beteken dit dat ons aanvaar dat die rassiste altyd met ons sal wees...?" neig hy na 'n subjektief bevooroordeelde siening van wittes as oorsaak van rassisme. Ek verduidelik.

Jeffreys sê: "Suid-Afrika...van die landing van die eerste setlaars af, is gebore in rassisme." Sy direkte verbintenis van "setlaars" en "rassisme" is volkome in ooreenstemming met Zuma se vroeëre beskuldiging van Van Riebeeck van rassisme. Hy betrek ook biskop Desmond Tutu wat gesê het: "...swart Suid-Afrikaners het 'n verpligting om hul wit landgenote uit die moeras van rassisme te lei." Ook herformuleer hy 'n vroeëre stelling van wyle Steve Biko soos volg: "...swart man, jy moet jou (wit) landgenoot 'n hand gee om te ontsnap aan die greep van rassisme..." Sê dit dan nie veel van waar Jeffreys die rassisme-oorsaak soek nie?

Dan krabbel hy terug, nadat hy die rassisme-oorsaak uitgewys het, en haal 'n swart biskop aan wat gesê het: "...swart mense is nie in staat tot rassisme nie." Gelukkig aanvaar hy nie dié stelling nie. Wat anders is die xenofobiese aanvalle op buitelandse vreemdelinge in SA as swart etnies- rassistiese geweld?

Met sy oorwegend bevooroordeelde benadering tot rassisme lewer Jeffreys geen konstruktiewe bydrae tot die objektiewe oplossing van dié rasseprobleem nie.




Monday, 11 January 2016

Oor rassisme en menswaardigheidskending

Alhoewel daar 'n direkte oorsaak-gevolg-verband tussen rassistiese opmerkings en menswaardigheidskending bestaan, blyk dié verband egter nie simplisties te wees nie. Selfskending van die eie menswaardigheid mag daartoe aanleiding gee dat ander dalk daarop mag reageer. Is sulke oorsaak-geïnisieerde reaksies noodwendig altyd van "rassistiese" aard, of dikwels 'n geval van: "Shifting the blame is the name of the (racist) game"?

Die begrippe rassisme en menswaardigheid is beide moeilik definieerbaar. By gebrek aan 'n werkbare definisie bly rassisme 'n hoogs emosionele, subjektiewe, arbitrêre en omstrede aangeleentheid. Vir jou eie rasgenoot (intrarassig) kan jy presies dieselfde sê as vir die vreemde rasselid (interrassig). In die intrarassige geval is dit nie noodwendig rassisties nie, maar in die interrassige geval is dit wel. Opmerkings oor rassegrense in 'n veelrassig-multikulturele samelewing is derhalwe riskant.

Wat vir rassisme geld, geld eweneens ook grootliks vir menswaardigheid. Die idee van menswaardigheid ontstaan van binne die mensbeskoulike konteks soos dié van die Christendom, liberalisme, kommunisme, animisme en evolusionisme. Gemelde voorbeelde huldig elkeen 'n partikuliere menswaardigheidsbeskouing. Is 'n universeel interrassig-interkulturele menswaardigheidsmodel, wat alle bestaande individuele menswaardigheidsmodelle bevredigend kan akkommodeer, moontlik? Oorweeg maar net die menswaardigheidsverskille wat betref die behandeling van vroue.

Gedwonge multikulturalisme dwing rasse aan mekaar op wat tot polarisasie eerder as versoening kan lei. Ook ANC-wanbestuur skep rassekonflik en  -spanning bevorderlik vir die klimaatskepping van rassisme. Sommige Suid-Afrikaners openbaar 'n oordrewe rassensiwiteit soos Velaphi Khumalo wat graag alle wit mense dood wil sien (DB,08.01)   -   rassistiese haatspraak. Gaan sy kop ook rol onder die rassisme-guillotine soos dié van Sparrow en Hart?

Die gevaar bestaan dat die meerderheidsgroep se rassisme-  en menswaardigheidsbeskouing op ongrondwetlik verabsoluterende wyse op alle minderheidsgroepe afgedwing kan word. Daarteen moet noulettend gewaak word.               (ngn)






Thursday, 7 January 2016

Rassisme, 'n sielkundige NDR-aanvalswapen

2016 begin met 'n rasseherrie en die voortgesette doelbewuste manipulering van rassisme wat, 
ironies,nog steeds ongedefinieerd bly (DB,06.01). Sedert 1994 is die ANC stelselmatig besig om   -    volgens die bloudruk van sy nasionale demokratiese rewolusie (NDR)   -   'n nasionale stande-indeling te ontwikkel: 'n primêre stand (onaantasbare meerderheid) en 'n sekondêre stand (kwesbare minderhede).

Dit verg geen ruimte-wetenskaplike kundigheid om te besef dat rassisme, as 'n kragtige wapen in die ANC se NDR-arsenaal, deur die onaantasbare meerderheid manipulerend aangewend word in 'n sielkundige terreurveldtog teen SA se minderheidsgroepe nie.

Rassisme-beskuldigings deur die primêre groep word omhul deur 'n wolk van kwasi-vroomheid, skynheiligheid en waarheidontkenning. Ek verdedig nie Penny Sparrow se verwysing na mense as ape nie, maar vind dit tog vreemd dat mense graag identifiseer met sekere dierlike eienskappe soos taaiheid (ratels), fluksheid (miere) en sterkte (leeus), maar dit onaanvaarbaar vind as hul menslik onaanvaarbare gedrag ooreenstem met dié van 'n dier van tipies soortgelyke swak gedrag.

Sparrow se opmerking kom vanuit die konteks van besoedeling. My eie ervaring daaromtrent: Hy gooi die leeg-geëte polystyrene bakkie by die motorvenster uit. Ek tel dit op, gee dit vir hom, en sê dit hoort in 'n vullishouer. Was my motief rassisties, of omgewingsopvoedend van aard? Was 'n opvallende gebrek aan omgewingsopvoeding nie dalk ook die essensie van Sparrow se opmerking eerder as rassisties nie?

Gemanipuleerde rassisme ingespan vir die doel van waarheidontkenning   -   'n voorbeeld: Die 1368 padsterftes die afgelope vakansieseisoen is 'n reële werklikheid. Sou ek dit waag vra dat dié syfer statisties volgens bevolkingsgroepe ontleed word ten einde te bepaal waar die grootste behoefte aan padgebruikopvoeding lê, sal ek gewis van rassisme beskuldig word. Dit is duidelik dat rasverdoeseling 'n veel hoër prioriteit as padsterftevoorkoming is. Voorbeelde waar rassisme werklikheid en waarheid manipulerend versmoor   -   waarin politieke korrektheid 'n kragtige vennoot daarvan is   -  kan vermenigvuldig word.




Tuesday, 21 January 2014

Was dié opmerkings regtig nodig?

In die Oos-Kaapse "Die Burger" (20.01) word berig dat prof.Jonathan Jansen op Kovsies se 2014-openingseremonie vir eerstejaars gesê het: "As jy enige rassisme het, loop. As jy enigsins seksisties is, soek ek jou nie hier nie!" Kan ouers én onderwysers verkwalik word sou hulle dié opmerkings   -   gerig aan die "produkte" van hul jarelange huislike en skoolse opvoeding en onderwys   -   as beledigend beleef het? Waarom die sterk persoonlike "ek" (Jansen) soek jou nie hier nie, en nie eerder die UV en  -kampuslewe soek jou nie hier nie? Kan Jansen wel onderskeidend dink ten opsigte van homself en die UV-owerhede?

Dié berig meld nie óf Jansen dié dreigement-waarskuwing slegs in Afrikaans tot die studente gerig het, en óf hy dit ook in Engels en Afrika-tale herhaal het nie. Indien nie, is dit 'n duidelike insinuasie dat hy slegs wit Afrikaanse studente uitsonder as rassiste en seksiste, 'n blatante vorm van diskriminasie en menseregte-skending. Indien dit wel die geval sou wees, is Jansen 'n verskoning aan die Afrikaanstalige deel van die UV-studentegemeenskap verskuldig. En ook, weer net indien wel, regverdig dit nie 'n klaglegging by die menseregte-kommissie (MRK) nie? Indien sy opmerkings van 'n meertaligheidskarakter getuig, verval dié argument.

Veroordeel Jansen veral ouers, maar ook onderwysers, indirek veralgemenend wat aan kinders 'n rasbewuste,  -trotse en  -behoudende opvoeding gee? Belet die SA-grondwet op enige wyse sodanige opvoeding en onderwys waarvolgens elke kind se ras die nodige erkenning geniet? En het jongmense   -   na twaalf jaar van onderwys in 'n multikulturele skool-  en onderwysomgewing   -   dié kwetsende en vernederende verwelkoming van Jansen nodig? Dit pas beslis nie die aansien en status van rektorskap nie. Watter konstruktiewe bydrae is deur dié opmerkings gelewer? Was dit regtig nodig?

Saturday, 19 May 2012

Dubbele standaarde knel rasseharmonie

Uit onlangse nuusberigte word vrae soos die volgende gegeneer: Waar lê, vergelykenderwyse, die menseregtegrense van die gewone burger en dié van kunstenaars? Gewone burger of kunstenaar   -   per definisie ook maar 'n gewone burger   -   word ons dan nie grondwetlik  eenders begrens nie? Vanwaar die kunstenaar se "reg" om die eie menseregtegrense te oorskry en dié van medeburgers menseregtelik negerend binne te dring? Is enigiets toelaatbaar in die naam van die "kunste"? Is alle "kunstenaarsvoorstellings" grondwetlik gesanksioneer?

Van Brett Murray se "...omstrede uitstalling 'Hail to the Thief II'..." (DB,19.05), waaronder die gedeeltelik naakte voorstelling van pres. Jacob Zuma, sê die presidensie en Cosatu "...hulle is in murg en been 'gesteur, geskok en gewalg'... " deur dié uitbeelding, en eis die vernietiging van dié kunswerk.

In die berig, "Kapsie teen 'bevarking' van E.T. by die Kasteel" (DB,13.05.2010), word vertel van die "Skokkende skilderye, waarin die vermoorde Eugéne Terre'Blanche as 'n vark uitgebeeld word, (en dit) 'is maar net 'n taal' ...'n metafoor..."  vir die kunstenaar uit die "agtergeblewe gebiede", Ayanda Mabulu. Omdat net die Afrikaner-minderheidsgroep kwetsend daardeur geraak is, het enige besware op dowe ore geval.

'n Wit model se onlangs onaanvaarbaar kwetsende gebruik van die "k-woord" moet opgeweeg word teen die openbare uitlating van 'n swart model wat alle wittes dood wens. Getuig die openbare reaksie hierop nie van dubbele standaarde nie   -   'n onewewigtige balans in beswaarmaking?

Alhoewel die grondwet en handves van menseregte op papier die gelykheid van alle mense eerbiedig, word die alledaagse praktyk egter gekenmerk deur dubbele standaarde. Die verskillende rassegroepe word duidelik onder identiese omstandighede nie onder dieselfde kam geskeer nie. Dubbele standaarde knel die rasseharmonie in S.A.







Wednesday, 28 March 2012

ANC-aanval desperate poging tot verweer

Woordbetekenisse is kontekstueelbepaald, dan nie? Die woord "mis" het telkens 'n ander betekenis in: Die vallei is met mis oordek. Die beeskraal is vol mis. Die doelskop was mis. Die Katolieke hou 'n mis. Ons mis hul teenwoordigheid. Natuurlik besef Christian Martin (DB,26.03) dit, en, hopelik, die ANC ook   -   of dalk juis nie?

Wanneer me. Zille die begrip "vlugteling" gebruik, wend sy dit spesifiek in onderwyskonteks aan en in géén ander konteks nie. Beide Martin en die ANC dra me. Zille se gebruik van "vlugteling" moedswilliglik, en met kwade bedoelinge, oor na die buite-onderwyskontekstuele domein. Waarom? Volgens prof. Amanda Gouws (DB,26.03) gaan dit om rassistiese oorwegings omdat dit vir die ANC "onmiddellik...'n rassevraagstuk geword..." het.

Hoeveel talentvolle landsburgers, veral ons jongmense   -   waaronder ook albei my seuns   -   het nie ook al landuit "gevlug" vanweë regstellende aksie wat vir hulle, hul voortreflike kwalifikasies ten spyt, géén toekomsvooruitsigte bied nie? Is diesulkes nie ook "vlugtelinge" in 'n sosio-ekonomiese konteks nie? Wat sê Martin en die ANC daarvan? Niks! Oor sulke "vlugtelinge" swyg hulle. En sal die ANC dit hoegenaamd oorweeg om ouers te subsideer om hul "vlugteling"-kinders oorsee te kan besoek?  Nooit!

Zille se opmerking is kontekstueel-spesifiek. Aan Martin en die ANC: Bepaal julle by dié konteks   -   onderwys! 'n Vergelyking tussen die Oos-Kaapse (ANC) en die Wes-Kaapse (DA) onderwysadministrasies en -standaarde is vir ANC-mislukkings té pynlik om te aanvaar; vandaar die aanval op Zille. Daarom is dié ANC-aanval 'n desperate poging tot verweer.                






Wednesday, 17 August 2011

Gebrek aan insig rede vir kritiek

Om nie op Kupido se "Swartes kreun nog elke dag onder juk" (DB,17.08) te antwoord nie, is om sy skewe mening te sanksioneer. Kupido gebruik Kadalie se artikel (DB,16.08) om daarmee aan sy wrewel, vooroordeel en ongegronde kritiek teen wittes uiting te gee, hulle wat nog grootliks daarvoor sorg dat Suid-Afrika nie in hongersnood gedompel word nie terwyl dié voedselproduseerders stelselmatig uitgemoor word.

Kadalie sê: "Die aandrang op welvaartsbelasting vir wittes is ten eerste rassisties en ten tweede onverantwoordelik..." Sou ék 'n verband lê tussen Kupido se standpunt en rassisme, sal ek sekerlik van rassisme beskuldig word (omdat ek wit is), maar nou het Kadalie dit gesê. Dit gaan ten diepste hier oor welvaart en die verwerwing (rykdom) of die nie-verwerwing (armoede) daarvan.

Die verskil tussen ryk en arm volkere is nie hoe oud 'n volk is nie. Indië en Egipte is elk meer as 2000 jaar oud en bly steeds relatief arm. Daarteenoor is lande soos Kanada, Australië en Nieu-Zeeland veel jonger lande wat ontwikkeld en welvarend is. Rykdom berus ook nie net op natuurlike hulpbronne nie. Japan is 'n land met 80% bergagtige gebied wat grondstowwe invoer en verwerk wat van hom die tweede grootste ekonomie ter wêreld maak. Wat maak dus die verskil?

Die antwoord lê in die ingesteldhede van 'n volk wat oor eeue heen deur opvoeding en kultuur vasgelê is tot volksgewoontes. Welvarende volke word gekenmerk deur werksetiek, integriteit, verantwoordelikheid, respek vir wette en regulasies, liefde vir werk, spaarsamigheid en belegging, die wil tot produktiwiteit en stiptelikheid. Arm volkere is arm omdat hierdie beginsels nie deel van hulle bestaan vorm nie.

Kupido, pas hierdie welvaartsbeginsels toe op die rasseverskeidenheid in ons land, en kyk of jy nie lig begin sien nie. Kadalie beskik oor sodanige insigte waarvan Kupido nog nie eers kon droom nie.

Wednesday, 16 March 2011

ANC se eksklusiewe rasverabsolutering

In "Redakteurs moet die stem dik maak oor ras" (DB,15.03), beweer Rhoda Kadalie: "Die rassestryd sal nie bedaar voordat redakteurs en joernaliste rassisme onvoorwaardelik verdoem nie." So simplisties is die oplossing van die rassestryd nie regtig nie. Redakteurs en joernaliste blaas wel die rassevlam aan, maar kan kwalik as die brandstigters uitgewys word.

Die rassebegrip het in ons dag 'n latent-plofbare woord geword. Die rassismeverskynsel het binne die SA-samelewing 'n onuitblusbaar verterende vuur geword wat volgehou voortwoed, periodiek hoog opvlam, doelbewus gemanipuleer word, tot gevaarlike rassespanning lei en ernstige skade aanrig. Dit maak van rasseharmonie 'n onhaalbare droom wat in 'n nasionale nagmerrie kan ontaard.

Die ANC het homself onlangs weer eens bewys as 'n eksklusief rasverabsoluterende organisasie met Jimmy Manyi se rassistiese uitspraak   -   en die ANC se daaropvolgende beskermende laertrek rondom hom   -   teen Trevor Manuel, 'n bruin man. In dié rassegeveg vra die minister van verdediging se regsadviseur, Paul Ngobeni, vir Manuel of hy die "koning van die kleurlinge" is. Nie eers die gemeenskaplike lojaliteit aan die ANC vrywaar jou van rassebeskuldigings indien jy nié swart is nie.

Net die siende blindes bly die rasverabsoluterende karakter van die ANC miskyk. Selfs Mandela se aanvanklike rasseverdraagsaamheid moet opnuut bevraagteken word. Was dit bloot tydelik-bedoelde lippediens om die begogeldes te flous?

Nee, die rassestryd is nié wesenlik 'n redakteurs- en joernaliste aangeleentheid nie. Dit lê veel eerder opgesluit in die algemeen menslike selfbewussyn en kollektiewe rassebewussyn. Elke mens beskik, onteenseglik, oor 'n eie rasbewussyn en -identiteit waarin faktore soos rasidentifikasie, -assosiasie en -konformasie van deurslaggewende belang is.

Afrika het 'n sterk eksklusief, solidêr-kollektiewe rassebewussyn, en so ook die ANC wat ras en die swart bewussyn verabsoluteer. Dáárom word die grondwet gemanipuleer wat die akkommodasie van alle rasse waarborg.



Thursday, 24 February 2011

Nierassigheid bruin uitweg uit impasse?

Dennis Cruywagen se Woensdag Aktueel-artikel (DB,23.02) wek begrip vir die histories-ontwikkelde posisie van hedendaagse bruin mense. Waarskynlik sou net Olimpusberg se gode die vele ongelykheidsverskille tussen die vroeë inwoners van Suid-Afrika foutloos kon hanteer het in die skepping van 'n utopies-moderne S.A. na almal se smaak.

Dat sómmige rasse dit moeiliker gehad het as ander rasse onder apartheid, kan nie ontken word nie; dat álle rasse vandag, insluitende swartes, swaarkry onder die ANC-regering, is 'n feit. Ek wil egter reageer op die nierassigheidsbegrip wat Cruywagen óók gebruik, en só dikwels by uitstek deur ander bruin skrywers gebruik is/word.

Dit blyk dat géén mens sy rasgebondenheid kan ontkom nie. Deel van my identiteitsamestelling is ook my rasidentiteit. Identiteit, en veral die behoud daarvan, is sigbaar nie vir alle mense ewe belangrik nie. Daarmee het ek geen probleem nie; dit is immers 'n kwessie van keuse. Dit word egter wel 'n probleem indien "rasbehoudendes" op die een of ander wyse gedwing kan word tot "rasafstanddoening"  en só van hul rasidentiteit beroof sou word.

Skrywers oor nierassigheid, en dis veral bruin skrywers, laat my telkens dink aan iemand wat 'n "spook" gesien het, daardeur ontstig is, maar nie in staat is om dit vir ander te beskryf nie. Voorstanders van die nierassigheids-idee bly tot dusver in gebreke om dit vir ons te omskryf; om van definieer nie eers te praat nie. Is dit vanweë onwilligheid, onbekwaamheid of onmoontlikheid?

Vir my lyk die hele kwessie van bruin beroepe op nierassigheid eerder na bruin mense se (begrypbare) belewing van, en reaksie op, onbillike diskriminasie teen hulle; soos nou weer met die voorgestelde wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming waardeur bruines benadeel sal word. Is nierassigheid daarom nie 'n bruin uitweg uit dié impasse nie?   (ngn)





Wednesday, 5 January 2011

Het Die Burger dalk sy eie ras-agenda?

Ek vind dit uiters inkonsekwent, vreemd én onaanvaarbaar dat Die Burger toelaat dat briefskrywers vir my, persoonlik, op 'n beledigende wyse  van rassisme mag beskuldig en, daarteenoor, nié twee agtereenvolgende menings van my   -   waarin ek geeneen beledig of belaster nie   -   een oor Le Cordeur (DB,28.12) en een oor Blade Nzimande (30.12), oor hierdie onderwerp toelaat nie.

Waarom laat u dan toe dat Lawack vir my, persoonlik, mag sê: "Dan het hy (Breitenbach) die vermetelheid om rojaal aan te haal uit sy rassistiese alter-ego...almal kan jul vuil, rassistiese onderklere sien uithang..." (DB,31.03.2010). Vir De Lange laat u toe om te sê: "Breitenbach se...intellektuele beredenering...is bloot 'n skans vir sy diepgewortelde rassisme en in dié opsig verskil hy weinig van die...Dozi's en Steve Hofmeyrs..." (DB,22.04.2010).

Die Burger beweer hy onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode wat ook hòm verbind tot "die waarheid, akkuraatheid, regverdigheid en gebalanseerdheid" (DB,25.02.2008). Waar is die regverdigheid en gebalanseerdheid in dié gevalle dan waar u die een toelaat maar nie die ander nie?

Die Burger is beslis besig om sommige van sy lesers te vervreem. Het Die Burger dalk sy eie ras-agenda?
(ngn)