Monday 16 March 2015

Islamterreur neem toe met getallegroei

"Tereggestel...deur 'n kind" (DB,12.03), berig dat 'n Israels-Arabiese tiener (19)   -   beskuldig van spioenasie vir Israel   -   deur 'n jong seun, een van IS se "kalifaat welpies", doodgeskiet is. Is daar aanduidings hoe Islamfundamentalisme tot dié afgryslik barbaarse IS-terreurdade ontwikkel? Ja, daar is. Islam ekstremistiese terreur neem toe met getalle-aanwas, soos dit tans ook in Europa duidelik word.

In sy boek, "Slavery, Terrorism and Islam:The Historical Roots and Contemporary Threats", vestig dr.Peter Hammond, Christenskrywer, die aandag op die verband tussen Islamterreur en getallegroei.

Verteenwoordigende minder as 2% van 'n samelewing, is Islamiste vredeliewend en bedreig nie ander burgers nie. Groeiend van 2% tot 5%, vind aktiewe ledewerwing uit etniese minderheidsgroepe plaas. Bó 5% kom groot druk op die bevolking voor, soos die eis om die halaalmerk op sekere kossoorte wat tegelyk werksgeleenthede skep. Bó 10% laai spanning op vanweë wetteloosheid voortspruitend uit Islamiste se besware teen   -   vir hulle   -   onaanvaarbare toestande.

Synde 20% van die bevolking, vind opstande, afbrand van kerke en sinagoges, en sporadiese moorde plaas. Op 40% kom chroniese terreur en wydverspreide menseslagtings voor.  Bo 60% word nie-Islamiste vervolg, Shariawette ingestel, "ongelowiges" finansieel swaar belas, en vind etniese volksmoorde sporadies plaas.

Op 80% word "ongelowiges" verdryf, gewelddadige jihad vind plaas, en etniese suiwering kan voorkom. Teen 100% heers daar (teoreties) totale "Islamvrede", dog radikales bevredig hul bloeddors steeds op minder radikales   -   soos die jong Israels-Arabiese tiener-"spioen".              (ngn)




2 comments:

  1. HalloTommie, belangrike saak wat jy hier aanspreek! Hier is twee skakels wat beaam wat Dr Peter sê. Die ontstellende wat in die video gesê word, is dat daar 'n kritiese punt is ( amper iets soos die Rubicon) waar daar nie meer "omdraaikans" is nie en is die situasie ( van sneller groei onder vreemdelinge) onomkeerbaar.
    https://www.youtube.com/embed/6-3X5hIFXYU

    http://www.dailymail.co.uk/news/article-2755654/The-changing-face-Britain-A-child-Birmingham-likely-Muslim-Christian.html

    ReplyDelete
  2. Hierdie het nie betrekking op Islam nie, maar wys net hoe bevolkingsamestellings beïnvloed kan word:

    http://www.economist.com/blogs/graphicdetail/2015/03/daily-chart-5

    ReplyDelete